{"id":107611,"date":"2020-01-10T16:00:00","date_gmt":"2020-01-10T14:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=107611"},"modified":"2020-01-11T10:24:21","modified_gmt":"2020-01-11T08:24:21","slug":"pastoor-se-hulle-gaan-bid-teen-vreemde-simbole-op-klip","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/01\/10\/pastoor-se-hulle-gaan-bid-teen-vreemde-simbole-op-klip\/","title":{"rendered":"Pastoor s\u00ea hulle gaan bid teen vreemde simbole op klip"},"content":{"rendered":"<p>Fietsryers het afgekom op die klip met vreemde simbole op. Dit is naby die hoek van Walter Sisulu- en Proteastraat, reg agter die muur waarop \u201cMiddelburg\u201d by die ingang van die dorp staan.<\/p>\n<p>Die klip is onder \u2019n reuse boom, wat sy tak-arms wyd oopsprei. So asof die boom hierdie plek se geheime nagbesoekers se afgesonderde vergaderings veilig wil bewaar.<\/p>\n<p>Pastoor Peet Fourie, van die Gemeentes van Christus, Telestai (Middelburg en Hendrina) was verras toe hy hoor van die klip met die geheime simbole in Walter Sisulustraat.<\/p>\n<p>Sy gemeente het in Februarie verlede jaar die reuse klippe in Harry Gwalastraat gaan verf, waar hulle elke Saterdag tussen 07:00 en 08:00 vir die dorp bid. \u201cOns het die klippe sommer met verf wat by hul huise gestaan het, geverf.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_107614\" aria-describedby=\"caption-attachment-107614\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-107614\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/01\/klip3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-107614\" class=\"wp-caption-text\">Die klim met die vreemde simbole op. \u2019n Pentagram is duidelik sigbaar.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hy s\u00ea dat hulle nie gedurende Desember gebid het nie, maar Saterdag weer gaan. Hy vra dat alle Christene saam met hulle sal kom bid.<\/p>\n<p>Hy het aangedui dat hy sommer dan vir almal gaan s\u00ea dat hulle gaan bid teen die simbole wat op die klippe in Kanonkop geteken is.<\/p>\n<p>\u201cJy weet tog self ons bid nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste in die lug.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Ten opsigte van die simbole op die klip in Kanonkop, het\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0by deskundiges gaan aanklop.<\/p>\n<p>Volgens Aserac &#8211; Care SA, in Kempton Park, se opleidingsbundel \u201cOccult Related Trauma and Abuse \u2013 Level 1\u201d is die half- of sekelmaan, wat aan die linkerkant van die klip geverf is, \u2019n gewilde heidense en Wiccan\/Paganis-simbool wat gebruik word om die Godin Diana, te eer.<\/p>\n<p>Dis die eerste gedeelte van die drie verskillende gedeeltes van die maansiklusfases. Die sekelmaan staan bekend as die groeiende\/wasfase. \u2019n Tipiese \u2018nagmaal\u2019 word op sekere aande gehou met sekelmaan vormige koeke wat gemaak is met bestanddele van sout, heuning, wyn, mieliemeel, olie en soms bloed. Hierdie simbool word meestal gesien op die krone wat die ho\u00ebpriesters dra.<\/p>\n<figure id=\"attachment_107612\" aria-describedby=\"caption-attachment-107612\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-107612\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/01\/klip2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-107612\" class=\"wp-caption-text\">Pastore Peet Venter en Peet Fourie by die banier wat aandui dat hulle Saterdae by die kleurvolle klippe in Dennesig bid. Almal word uitgenooi om saam te kom bid.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Op die voorkant van die klip is daar \u2019n pentagram geverf. Die pentagram word as \u2019n simbool van beskerming en wegdryf van bose magte en ander ongewenste energie\u00eb en entiteite gebruik.<\/p>\n<p>Dit verteenwoordig die godin Diana in Wicca\/Paganisme, maar in Satanisme word dit gebruik as aanbidding van Satan. By Satanisme is die pentagram se twee punte aan die bokant van die simbool en in Wicca\/Pagan is die twee punte aan die onderkant van die simbool.<\/p>\n<p>Die pentagram op die klip het tussen die twee punte \u2019n \u201cTriquetra\u201c, wat ook die \u201cTrinity Knot\u201d genoem word. Dit simboliseer aarde, lug en water &#8211; gedagtes, liggaam en siel verlede, hede en toekoms. Hierdie simbool verteenwoordig die godin as moeder van die skepping, jongmeisie van onskuld en ouer vrou van wysheid.<\/p>\n<p>Sataniste en die Wicca\/Paganiste het spesifieke feesdatums waarop hul verskillende rituele doen om verskillende feeste te vier.<\/p>\n<p>Hul eerste fees was 7 Januarie, wat as \u2019n bloed ritueel bekend staan, die volgende Sataniese fees is op die 17 Januarie.<\/p>\n<p>\u2022Volgens die inligtingsbundel is daar \u2019n paar verskille tussen Wicca\/Paganisme en satanisme.<\/p>\n<figure id=\"attachment_107615\" aria-describedby=\"caption-attachment-107615\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-107615\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/01\/klip5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-107615\" class=\"wp-caption-text\">Die Baphomet Pentagram. Sataniste gebruik hierdie simbool.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wicca\/Pagan neem deel aan \u2019n spirale dans en vorm \u2019n dromsirkel (kragsirkel), almal wat deelneem is naak onder die maanlig.<\/p>\n<p>Vier punte word met kerse op in die grond ingedruk. Die punte verteenwoordig Noord &#8211; groen &#8211; aarde, Oos &#8211; geel &#8211; lug, Suid &#8211; oranje &#8211; vuur en Wes &#8211; blou &#8211; water.<\/p>\n<p>Daar word \u2019n altaar in die middel geplaas. Klokke word gelui om geeste op te roep en daar word uit hul \u201c<i>Book of Shadows<\/i>\u201d gelees. Die ho\u00ebpriester maak gebruik van \u2019n \u2018Athame\u2019-dolk. Daar word kruie en drankies vir die doel van magie gebruik.<\/p>\n<p>Wicca\/Pagan gebruik wit magie (<i>white magick &#8211;\u00a0<\/i>ja, met \u2019n ck, want dit het \u2019n totale ander betekenis). Baie fokus word gesit op fortuinvertellery, waars\u00eaery, valse genesing en seksualiteit.<\/p>\n<p>Satanisme gebruik verskillende kleure en die deelnemers is ook naak tydens die rituele op die altare. Bloedverbond word gesluit en opgeteken in \u201cThe Book of Death, Book of Shadows en the Holy Blood\u201d.<\/p>\n<p>Hulle gebruik towerkuns en vloeke, vuur, drankies, dwelms en offers tydens hul rituele. Gedurende hul inisiasie ritueel word 30 stukke silwer aan \u2019n nuwe lid gegee, waarin die lid \u2019n belofte afl\u00ea dat hy nooit die geheime van die inisiasie sal uitlap nie en dat hy lojaal sal bly aan sy mede lidmate.<\/p>\n<figure id=\"attachment_107616\" aria-describedby=\"caption-attachment-107616\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-107616\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/01\/klip6-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip6-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/klip6-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-107616\" class=\"wp-caption-text\">Die Wicca Pentagram<\/figcaption><\/figure>\n<p>Satanisme maak gebruik van swart magie (black magick).<\/p>\n<p>Daar is deskundiges wat opgelei is in hierdie veld, wat persone wat vasgevang is in die okkulte, kan bystaan om daarvan los te breek. Die eerste stap is om te gaan aanklop by \u2019n leraar of jou kerk.<\/p>\n<p>\u2022Verskeie plaaslike inwoners het al die opleiding ondergaan by Aserac.<\/p>\n<p>\u2022Aserac &#8211; Care SA is gestig deur FH Havinga wat talle kwalifikasies het in teologie, psigologie en op paramediese gebied.<\/p>\n<p>Hy tree op as traumaterapeut vir die nooddienste in Gauteng (waaronder Netcare 911) en die Metropolisie.<\/p>\n<p>Mnr. Havinga is die eerste gespesialiseerde reservis in Suid-Afrika vir die hulp en opleiding van speurders ten opsigte van misdaad wat verband hou met die okkulte.<\/p>\n<p>Hy help ook al vir meer as 20 jaar mense wat wil wegbreek van satanisme en okkultiese bedrywighede.<\/p>\n<p>\u2022Hy is ook die visevoorsitter van die Alpha Trauma en Ondersteunigsentrum in Kempton Park, \u2019n gemeenskapsentrum wat mense in die gemeenskap ondersteun wat blootgestel is aan erge traumavorme. Hierdie trauma wissel van kinder- en seksuele mishandeling, tot kapings en mishandeling waar rituele by betrokke is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net etlike blokke onder helder geverfde klippe in Dennesig waar Christene Saterdae vir Middelburg bid, is daar \u2019n klip met geheime simbole in Kanonkop gevind wat moontlik satanies van aard kan wees.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":107613,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,10450,22672,10366,22674,22673],"class_list":["post-107611","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-pastoor-bid-teen-simbole","tag-plaaslike-nuus","tag-vreemde-simbole-gekry-waar-pastore-bid","tag-wicca-simbole"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","middelburg nuus","pastoor bid teen simbole","plaaslike nuus","vreemde simbole gekry waar pastore bid","wicca simbole"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107611","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=107611"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107611\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/107613"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=107611"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=107611"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=107611"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}