{"id":107587,"date":"2020-01-11T09:00:07","date_gmt":"2020-01-11T07:00:07","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=107587"},"modified":"2020-01-10T10:26:46","modified_gmt":"2020-01-10T08:26:46","slug":"twee-vroue-tem-afrika-kilometer-vir-kilometer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/01\/11\/twee-vroue-tem-afrika-kilometer-vir-kilometer\/","title":{"rendered":"Twee vroue tem Afrika kilometer vir kilometer"},"content":{"rendered":"<p>Twee plaaslike boere het besluit om in te gryp, nadat hul boesemvriend, wat in Mariental in Namibi\u00eb boer, laat weet het dat hy al sy beeste sal moet laat slag, weens die droogte wat tans daar heers. Hy het nie meer die finansies gehad om voer aan te koop vir die net meer as 200 diere nie.<\/p>\n<p>Dit sou beteken dat die genepoel, wat sorgvuldig oor meer as &#8216;n dekade uit verskeie bloedlyne geselekteer is, verlore sou gaan. Die plaaslike boere het begin planne maak om die diere Stoffberg toe te laat skuif. Hulle moes &#8216;n vrag voer Mariental toe stuur, om die diere aan die lewe te hou.<\/p>\n<p>Dit was &#8216;n groot logistieke operasie met elke dier wat vir siektes getoets moes word en invoer- en uitvoerpermitte wat gere\u00ebl moes word. Daar is gejaag teen tyd, omdat baie van die diere reeds swak en maer was as gevolg van die droogte, wat ook hul vervoer sou bemoeilik.<\/p>\n<p>Ma en dogter Katja Pienaar en Ilona Herrle, is kenners hoe om diere van een land na &#8216;n ander, soms vanaf verafgele\u00eb punte, deur moeilike grensposte en in uiterse weerstoestande te vervoer. Hulle het al diere so ver as Tanzani\u00eb en Zambi\u00eb vervoer, ken van wiele omruil, paaie oopkap en vragmotors wat vassit.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/105435\/wat-nou-met-bek-en-klou-privaat-besigheid-betaal-vir-staat-se-flaters\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wat nou met bek-en-klou?<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Moet ook nie vir een oomblik dink dat die ma en dogter &#8216;n paar gesette onversorgde vroue is nie! Hulle is beide goed versorg met fikse en fietse lyfies.<br \/>\nDie vroue het &#8216;n streng limiet oor hoeveel diere daar per hok gelaai mag word, en sorg dat daar kos en water op die pad gevoer word.<\/p>\n<p>Met die beeste wat vir Stoffberg bestem was, is daar besluit om die diere in twee sarsies te vervoer. Die eerste vrag, van net oor die 100 vroulike diere en kalfies, het net voor Nuwejaar die lang tog, van meer as 1 500 km, Stoffberg toe aangepak in &#8216;n dubbeldekker vragmotor met Ilona aan die stuur. Sy het die Vrydag in Namibi\u00eb gelaai en het vroeg Sondagoggend in Stoffberg aangekom.<\/p>\n<p>Die troppie brandmaer diere, gedoop &#8220;Die Namibi\u00ebrs&#8221; het met hul aankoms gesorg vir emosionele oomblikke. Die diere was glad nie gewoond aan groen gras nie. Hulle het gulsig gehap na hope vrot baalgras, wat uitgesit is op die laaibank, om te keer dat hulle met die afklimslag gly, terwyl hulle die sappige kikoejoegras nie eens raakgesien het nie.<\/p>\n<p>Die koeie loop tans in die Stoffbergomgewing waar hulle wag vir die res van die trop om by hul aan te sluit. Weens &#8216;n fout deur die staatsveearts in Namibi\u00eb, moes van die diere oorgetoets word en sal hul heel moontlik eers volgende week vervoer kan word. Die beeste wat reeds in Stoffberg is, sterk goed aan.<\/p>\n<p>\u2022Me Katja Pienaar vertel dat sy uit nood moes begin vragmotor ry toe hul boerdery in Magaliesburg in finansi\u00eble moeilikheid beland het. Haar dogter het van jongs af saam met haar gery.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85623\/halsband-vir-jou-bees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Veg terug teen veediefstal<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Sy het vir \u2019n man, wat in die invoer en uitvoer van lewendehawe gespesialiseer het, vragmotor gery en later sy besigheid oorgekoop toe hy aftree. Een van die langste togte wat hulle al aangepak het, was toe daar melkbeeste van Eldoret in Kenia na die Wes-Kaap, meer as 6 000 km ver, vervoer moes word.<\/p>\n<p>Die vroue is gesout as dit kom by elke land se verkeersre\u00ebls en uitdagings. Ilona vertel dat verkeerskonstabels in Zimbabwe jou gewoonlik aftrek met die woorde \u201cI am here to arrest you\u201d en jou vragmotor dan met \u2019n vergrootglas deurgaan vir \u2019n beboetbare fout.<\/p>\n<p>Daar is ook al op \u2019n slag 700 liter diesel uit een van hul trokke in Zimbabwe gesteel. Hulle kon dit egter met die hulp van plaaslike inwoners terugkry. Die vroue s\u00ea dat hulle ekstra dieseltenks laat insit het en verkies om hul hele dieselvoorraad van Suid-Afrika af saam te ry om die risiko van vuil diesel in ander lande uit te skakel.<\/p>\n<p>Een van die grootste uitdagings vir die vroue is om skoon badkamers te kry. Hulle s\u00ea ook dat baie boere aan die begin skepties is oor hul vermo\u00ebns om die diere veilig en effektief in sulke groot vragmotors te vervoer.<\/p>\n<p>As die diere eers gelaai is, is daar nie tyd vir probleme nie. So het sy al \u2019n Chinese konstruksiemaatskappy oortuig om \u2019n grondverskuiwingsmasjien 40km ver te laat ry, om haar vragmotor vol varke, wat in die sand in Namibi\u00eb vasgeval het, uit te grou.<\/p>\n<p>Katja moes weer blitsvinnig in haar kajuit in vlug, toe sy besig was om die vragmotor, wat in Botswana vasgeval het, uit te grou en agter kom dat \u2019n trop leeus haar dop hou.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Ma- ma en dogterspan was verantwoordelik vir die skuif van &#8216;n hele Boranstoet van Namibi\u00eb na Suid-Afrika wat as gevolg van die kwellende droogte \u00f3f geslag \u00f3f verkoop moes word.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":107588,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,22665,22664,12523,22663,22661,10450,10366,22662,13978],"class_list":["post-107587","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-ilona-herrle","tag-katja-pienaar","tag-landbou","tag-ma-en-dogter-skuif-boranstoet-van-namibie","tag-ma-en-dogterspan-tem-afrika","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-twee-vroue-tem-afrika","tag-veeboerdery"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","ilona herrle","katja pienaar","landbou","ma en dogter skuif boranstoet van namibie","ma en dogterspan tem afrika","middelburg nuus","plaaslike nuus","twee vroue tem afrika","veeboerdery"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107587","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=107587"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107587\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/107588"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=107587"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=107587"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=107587"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}