{"id":10742,"date":"2014-05-20T00:00:00","date_gmt":"2014-05-19T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/10742\/abrie-sit-die-brie-in-kaas\/"},"modified":"2014-05-20T11:29:31","modified_gmt":"2014-05-20T09:29:31","slug":"abrie-sit-die-brie-in-kaas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/05\/20\/abrie-sit-die-brie-in-kaas\/","title":{"rendered":"Abrie sit die Brie in Kaas"},"content":{"rendered":"<p>Hulle word almal geproduseer deur &#8216;n proses van fermentasie. Brood rys in &#8216;n pan, en wyn verouder as gevolg van die reaksie van die gis en suikers.<\/p>\n<p>Kaas, soos toorkuns, verskyn uit &#8216;n pot melk as gevolg van die reaksie van bakterie op laktose (melksuiker).<\/p>\n<p>Kaas is een van die oudste kosse wat vandag nog geniet word en dateer van ongeveer 900BC.<\/p>\n<p>Kaasmaak is beide &#8216;n wetenskap en &#8216;n kuns en bied groot uitdagings.<\/p>\n<p>Met &#8216;n Jersey kudde wat se melk uitsekend is vir kaasmaak het die Van Wyk egpaar, Abrie en Brenda, besluit om hierdie uitdaging aan te pak.<\/p>\n<p>Hulle het sewe jaar gelede begin, en wat aanvanklik &#8216;n stokperdjie was, het nou in &#8216;n sake-onderneming ontwikkel.<\/p>\n<p>Die &#8220;Farmhouse&#8221; (hul besigheidsnaam), onderskei hulle van baie ander kaasmakers, omdat hulle eksklusief van hul eie melkproduksie gebruik maak en nie melk aankoop nie. Sodoende word die kwaliteit van die kaas verseker.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het van die begin af besluit om slegs Hollandse kulture en speserye te gebruik en koop dit aan van &#8216;n maatskappy wat dit eksklusief invoer&#8221;.<\/p>\n<p>Die twee bepalende faktore tot suksesvolle kaas is die kwaliteit van die melk asook die kulture.<\/p>\n<p>Die proses van kaas maak, begin met roumelk wat verhit word en dan word die kulture bygevoeg.<\/p>\n<p>Die melk staan ongeveer een uur om ryp te word voordat stremsel bygevoeg word wat sodoende dan die melk laat stol.<\/p>\n<p>Daarna word die kaas gesny en geroer en weer verhit en dan, afhangende van die kaassoort, word dit gewas en in vorms geplaas om gepers te word.<\/p>\n<p>Na persing word dit verskuif na &#8216;n soutbad, waarna dit afgedroog word en met &#8216;n teen-fungus kaasverf geverf word.<\/p>\n<p>Die kaas word ten minste drie maande laat rus, maar elke dag omgedraai sodat dit eweredig kan ryp word.<\/p>\n<p>Abrie en Brenda is onlangs vereer met &#8216;n tweede en derde plek tydens die 2014 SA Suiwel Kampioenskappe met hulle Robiola, &#8216;n sagte gebottelde Italiaanse styl kaas.<\/p>\n<p>&#8220;Ons lewer kaas af op bestelling en mense kan gerus by Ginellis en Hoffmann&#8217;s aanklop vir ons produkte,&#8221; s\u00ea Abrie.<\/p>\n<p>Hulle maak tans Robiola, Feta, Gouda, Gerookte Gouda, Raclette, Mozzarella, Halloumi, Provolone en &#8216;n verskeidenheid spesialiteits-kase.<\/p>\n<p>Belangstellendes kan Abrie of Brenda bel. Abrie: 083 631 4972 of Brenda: 083 642 5732.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brood, wyn en kaas is saam, en individueel van die lewe se grootste plesiere en deel een gemeenskaplike faktor.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":10743,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-10742","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10742","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10742"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10742\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10743"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10742"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10742"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10742"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}