{"id":107370,"date":"2020-01-07T10:38:38","date_gmt":"2020-01-07T08:38:38","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=107370"},"modified":"2020-01-07T10:38:38","modified_gmt":"2020-01-07T08:38:38","slug":"gesin-groet-hulle-superhero","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2020\/01\/07\/gesin-groet-hulle-superhero\/","title":{"rendered":"Gesin groet hulle superhero"},"content":{"rendered":"<p>So groet die gewese Puma slot, Luan Velthuizen, sy seuntjie Markus (2) in \u2019n roerende boodskap op sosiale media. Markus het saam met sy peetpa, Jacques de Jager (40) in \u2019n motorongeluk gesterf, verlede Donderdag op die N1-hoofweg buite Mokopane. Jacques se meisie, Angela Pozzan (33), is ook in die ongeluk oorlede.<\/p>\n<p>\u2019n Toyota Yaris het teen \u2019n ho\u00eb spoed probeer om die gesin se Toyota Land Cruiser, met sleepwaentjie, aan die linkerkant verby te steek en het toe die sleepwaentjie getref.<\/p>\n<p>Saam met Luan in die Land Cruiser was ook sy vrou Anri (34) en sy agt maande oue seun Lukas. Hulle is almal ernstig beseer en in die Pholoso-hospitaal in Polokwane opgeneem.<\/p>\n<p>Daar word Vrydag om 10:00 \u2019n roudiens vir klein Markus en Jacques in die Taberna Dei Oos-kampus, Faunapark, in Polokwane gehou.<br \/>\nIntussen stroom ondersteuning van reg oor die w\u00eareld vir die Velthuizen en De Jager gesinne in.<\/p>\n<p>Die AquiEsBesiers rugbyklub, vir wie Luan in Frankryk gespeel het, het ook hulle medelye met die gesin betuig.<\/p>\n<figure id=\"attachment_107371\" aria-describedby=\"caption-attachment-107371\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-107371\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2020\/01\/markus3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/markus3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2020\/01\/markus3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-107371\" class=\"wp-caption-text\">Klein Markus saam met sy peetpa, Jacques de Jager.<\/figcaption><\/figure>\n<p>In \u2019n spesiale boodskap aan sy swaer s\u00ea Luan:<\/p>\n<p>Waar begin ek Jacques de Jager? Ek ken jou al ongelooflik lank. Jy was die boetie wat ek nooit gehad het nie. Jy was my mentor\/vriend\/gymbuddy. Ons het partykeer vir 10 minute om \u2019n tafel gesit sonder dat ons iets vir mekaar hoef te s\u00ea.<\/p>\n<p>Ek kon baie by jou leer jy was altyd so geduldig met my as ek jou \u2019n klomp vrae vra om seker te maak ek verstaan wat jy bedoel. Jy het my altyd laat self ondersoek instel om my \u2019n beter mens te maak en altyd die goed in almal raak gesien.<\/p>\n<p>Jy het geweet wie jy is en waarna toe jy op pad was, alhoewel daar \u2019n paar slaggate op jou pad gekom het kon dit jou nie eers van stryk af bring nie. Jy het altyd sterk gestaan met daai beeskuite van jou.<\/p>\n<p>Vir my seun Markus was jy daar van sy geboortedag af. Die 28 maande wat die Hemelse Vader hom geleen het aan ons. Saam het julle gesterf, maar anders sou ek dit nie wou gehad het nie. Saam kan julle nou\u00a0<i>bike\u00a0<\/i>ry in die hemel en kattekwaad aanvang en visvang.<\/p>\n<p>Jy en Markus het \u2019n spesiale band gedeel van dag een af. Jy was \u2019n peetpa 1000 Jacques meer as waarvoor ons kon vra. Jou geskenke en tyd was vir ons van onskatbare waarde, meer as wat mens dit ooit in woorde kan uitdruk.<\/p>\n<p>Jou laaste 10 dae op aarde het ek die voorreg gehad om saam met jou vakansie te hou en diep dinge te praat. Jy het \u2019n rustigheid in jou hart gehad wat ek nog nie voorheen by jou opgemerk het nie.<\/p>\n<p>Die branders het jou kinderlik opgewonde gemaak, sodat jy en Markus ure saam in die see spandeer het&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cPa se groot seun ek gaan jou mis ou Bul. Jy moet sag rus. Jy was my Super Hero!\u201d\u00a0<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":107372,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,22570,22575,22574,22569,10450,10366,22572,22571,22573],"class_list":["post-107370","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-jacques-de-jager-afsterwe","tag-luan-velthuizen-groet-sy-twee-jarige-seun","tag-markus-velthuizen-ongeluk","tag-markus-velthuizen-sterfde","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-roudiens-vir-jacques-de-jager","tag-roudiens-vir-markus-velthuizen","tag-twee-jarige-en-peetpa-sterf-in-ongeluk"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Jacques de jager afsterwe","Luan Velthuizen groet sy twee-jarige seun","markus velthuizen ongeluk","Markus Velthuizen sterfde","middelburg nuus","plaaslike nuus","roudiens vir Jacques de jager","Roudiens vir Markus Velthuizen","twee-jarige en peetpa sterf in ongeluk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107370","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=107370"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107370\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/107372"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=107370"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=107370"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=107370"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}