{"id":107044,"date":"2019-12-25T09:00:37","date_gmt":"2019-12-25T07:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=107044"},"modified":"2019-12-20T09:31:25","modified_gmt":"2019-12-20T07:31:25","slug":"my-beurt-12","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2019\/12\/25\/my-beurt-12\/","title":{"rendered":"My Beurt &#8211; Soveel om te onthou oor Kersfees"},"content":{"rendered":"<p>\u2022Kom ons begin sommer by die een wat ek met \u2019n glimlag onthou. Desjare het ons in Waterval-Boven gebly en het my pa elke jaar met \u2019n boom (wat hy natuurlik iewers \u2018gekoop\u2019 het) by die huis aangekom.<\/p>\n<p>\u2019n Regte egte Denneboom, wat tot Ma se ontsteltenis, sy dennenaalde in haar skoon sitkamer kom mors het.<\/p>\n<p>Daardie een jaar het pa oorboord gegaan en met \u2019n boom daar aangekom wat almal aan moes help dra. Nodeloos om te s\u00ea, die boom was te groot, in by die deur, uit by die deur.<\/p>\n<p>Kap \u2019n stukkie af. In by die deur, uit by die deur, n\u00f3g \u2019n stukkie af!<\/p>\n<p>Wat ek wel onthou van daardie jaar, is die punt wat teen die dak geraak het, daar waar ons opkyk na die ster, en Pa wat onder die boom sit en ons vertel van die ster wat die wyse manne na Jesus in die krip gely het.<\/p>\n<p>\u2022Dan was daar die keer, ek was seker so \u2019n dogtertjie van 12 jaar, met ons familiesaamtrek. Nou kyk, ons is baaaaaie groot familie.<\/p>\n<p>Ouma hulle was 13, toe is Ma-hulle sewe dogters en dink net hoeveel kinders, kleinkinders en agterkleinkinders en hul aanhangseltjies was daar!<\/p>\n<p>Die saal was groot en daar was di\u00e9 keer plek vir die groot boom.<\/p>\n<p>Alhoewel daar liggies aan die boom was, was daar nie \u2019n Kersvader en lawwigheid nie. Oom Jack en oom Tielman het ons begelei en \u201cStille Nag\u201d het heeltemal anders geklink as op enige ander plek.<\/p>\n<p>Op \u2019n gerieflike stoel het ouma Hannie gesit met die stapel vierkantige boksies en vir elke kleinkind sy Bybel gegee. \u201cAan Daleen, van ouma Hannie\u201d en die res van haar persoonlike boodskap, wat Pa met sy sierskrif vir elkeen geskryf het. Daardie Bybel, wat se blaaie al vergeel langs my bed l\u00ea, met elke more se nuwe Boodskap.<\/p>\n<p>\u2022Kersfees op die plaas saam met Ma en Pa en hul stringetjie kinders, kleinkinders en aangetroudes.<\/p>\n<p>Daardie jaar was daar nog nie krag nie en het ons by lampe en kerse elke aand gekuier.<br \/>\nOukersdag het die jonges opslag besluit, daar moet \u2019n boom wees met blink goedjies, maar niemand het gedink aan Kersversierings nie.<\/p>\n<p>Die jonges kan mos \u2019n plan maak en teen drie-uur die middag was die seuns terug met \u2019n boom met sulke vreemde, lang takke.<\/p>\n<p>Ouma se rol foelie is in stukkies gebreek en elkeen het opdrag gekry om iets te maak wat deur die kinders aan die takke vasgemaak is.<\/p>\n<p>Daardie aand, met die stilte binne en buite voelbaar, het kerse van die foelie liggies gemaak en ons almal die Boodskap van Jesus se koms weer ons eie gemaak.<\/p>\n<p>\u2022Kersfees as ouers saam met ons kinders, is iets wat jy elke jaar in jou hart b\u00eare. Oukersdag is \u00f3ns dag. Of dit nou potjie of braaivleis,\u00a0<i>koekerasies<\/i>\u00a0of ander eetgoed is. Daar word gekuier asof ons nog nooit saam gekuier het nie.<\/p>\n<p>Om dan middernag die gewyde oomblikke saam te wees met daardie spesiale drukkie en: \u201cGese\u00ebnde Kersfees my kind.\u201d<\/p>\n<p>\u2022En natuurlik, elke jaar, as ons tuis is, is ons almal by die Kerk om die die ware betekenis van Kersfees en Sy koms na die w\u00eareld te herdenk. Want dit is eintlik waaroor dit gaan.<\/p>\n<p>Die Koning van konings wat in \u2019n krip gebore is en aan \u2019n kruishout vasgeslaan om al ons sondes op Hom te neem en op te vaar na die Hemel, waar Hy vir ons wag vir die wederkoms.<\/p>\n<p>Aan elkeen wat hier lees: Mag dit \u2019n ware Christusfees vir jou en jou familie wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hoe skryf \u2019n mens oor Kersfees as daar so baie spesiale oomblikke is wat in jou gedagtes vasgepen is wat jy onthou?<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":106889,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,2888],"tags":[1109,3020,2939],"class_list":["post-107044","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-opinion-edition","tag-daleen-naude","tag-kersfees","tag-my-beurt"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["Daleen Naude","kersfees","my beurt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107044","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=107044"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/107044\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106889"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=107044"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=107044"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=107044"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}