{"id":106128,"date":"2019-12-02T14:13:19","date_gmt":"2019-12-02T12:13:19","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=106128"},"modified":"2019-12-03T09:53:00","modified_gmt":"2019-12-03T07:53:00","slug":"man-skree-help-ons-terwyl-bakkie-rol","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/12\/02\/man-skree-help-ons-terwyl-bakkie-rol\/","title":{"rendered":"Man skree: \u2018Here help ons!\u2019 terwyl bakkie rol"},"content":{"rendered":"<p>Me. Daleen Buchling (59) s\u00ea sy het net kneus- en snywonde opgedoen, maar haar man, Kobus (60) het sy knie op drie plekke gebreek en word Woensdag geopereer.<br \/>\nDie ongeluk het omstreeks 05:30, sowat 10km buite Hendrina op die Bethalpad gebeur.<\/p>\n<p>Hulle het vroeg vanaf Hendrina Kragstasie gery vir \u2019n seevakansie in Kwazulu Natal.<br \/>\nSy vertel dat sy nie gesien het wat gebeur nie, want sy was besig op haar foon.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-106129\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk1-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk1-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk1-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Sy het net gevoel die Corsa bakkie waarin hulle gery het, steek vas en begin rol.<\/p>\n<p>\u201cEk het geskree: \u2018wat gaan aan!\u2019 en het my man gegil: \u2018die bakkie rol!\u2019 Ek weet dat hy ook geskree het: \u2018Here help ons!\u2019 terwul die bakkie gerol het.\u201d<br \/>\nMe. Buchling s\u00ea volgens die merke in die veld, blyk dit dat hul voertuig sowat sewe keer gerol het, voor dit weer op sy wiele te lande gekom het.<\/p>\n<p>Dit blyk dat \u2019n voertuig besig was om haar man verby te steek op \u2019n blinde hoogte, waarna \u2019n ander voertuig van voor af gekom het.<br \/>\nHy het oorgeswaai, hul bakkie getref en sodoende die wiel laat afbreek, wat veroorsaak het dat hul bakkie begin rol het.<\/p>\n<p>Alhoewel haar gesig geweldig gebloei het, het sy dadelik uitgespring en omgehardloop na die bestuurderskant, waar haar man gillend van pyn gesit het.<br \/>\nHy het vir haar ges\u00ea hy kry nie asem nie en gekerm van pyn weens die knie wat geweldig gebreek is.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-106133\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>\u201cWeens die bloed op my vingers, wou my selfoon se duim-aansluiting nie werk nie en het ons met \u2019n groot gesukkel van my man se foon af gebel.\u201d<br \/>\nHul kinders en skoonkinders het ook vanaf Middelburg na die toneel gejaag.<\/p>\n<p>Die egpaar is na die Highveld Mediclinic in Trichardt afgevoer, waar me. Buchling na behandeling ontslaan is.<\/p>\n<p>Weens mnr. Buchling se ernstige kniebesering is hy dieselfde middag per helikopter na die Unie Hospitaal in Alberton gevlieg, waar hy sedertdien in die intensiewe eenheid behandel word.<br \/>\nMe. Buchling s\u00ea hulle het al \u2019n snit in haar man se been gemaak om bloedtoevoer na sy voet te verbeter.<\/p>\n<p>Hy sal Woensdag \u2019n knie-operasie ondergaan.<\/p>\n<p>\u2022Die bestuurder van die ander voertuig se naam is nie bekend gemaak nie. Sy voertuig het ook omgeslaan, maar volgens me. Buchling het hy nie enige beserings opgedoen nie.<\/p>\n<p>\u2022Me. Buchling wil graag hul kinders, asook die paramedici, dokters en hospitale bedank vir hul hulp en bystand. Sy s\u00ea ook dankie aan haar familie by wie sy tans tuisgaan in Meyerton om daagliks haar man in die hospitaal te besoek.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-106130\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk4-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk4-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/12\/ongeluk4-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Man word steeds in die intensiewe eenheid van die UnieHospitaal in Alberton behandel nadat hy en sy vrou Saterdagoggend, op pad see toe net buite Hendrina in \u2019n ongeluk betrokke was.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":106134,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,22212,22211,22213,10450,900,22210,10366],"class_list":["post-106128","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-egpaar-rol-bakkie-oppad-see-toe","tag-man-in-intensiewe-eenheid-na-bakkie-rol","tag-man-skree-help-ons-soos-bakkie-rol","tag-middelburg-nuus","tag-ongeluk","tag-ongeluk-in-hendrina","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","egpaar rol bakkie oppad see toe","man in intensiewe eenheid na bakkie rol","man skree help ons soos bakkie rol","middelburg nuus","ongeluk","ongeluk in Hendrina","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/106128","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=106128"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/106128\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/106134"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=106128"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=106128"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=106128"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}