{"id":105435,"date":"2019-11-24T12:00:37","date_gmt":"2019-11-24T10:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=105435"},"modified":"2019-11-25T10:05:32","modified_gmt":"2019-11-25T08:05:32","slug":"wat-nou-met-bek-en-klou-privaat-besigheid-betaal-vir-staat-se-flaters","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/24\/wat-nou-met-bek-en-klou-privaat-besigheid-betaal-vir-staat-se-flaters\/","title":{"rendered":"Wat nou met bek-en-klou? Privaat besigheid betaal vir staat se flaters"},"content":{"rendered":"<p>Die Departement van Landbou het, nadat daar aan die begin van November bek-en-klouseer op \u2019n plaas naby Molimolle ontdek is, \u2019n verbod op alle veilings in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en die Noord-Wes aangekondig. \u2019n Verklaring deur die departement s\u00ea dat daar intussen by vyf plekke beeste met bek-en-klou ge\u00efdentifiseer is en dat daar vasgestel kon word dat al die beeste van dieselfde veilingskraal in Limpopo afkomstig is.<\/p>\n<p>Alhoewel veilings afgelas is, is daar nie \u2019n verbod op een-op-een transaksies en die vervoer van beeste geplaas nie. Dit steek baie rolspelers in die vleisindustrie dwars in die krop. Die departement raai wel aan dat \u201cas dit enigsins moontlik is moet gesplete hoef diere nie vervoer word tot die huidige situasie opgelos is nie,\u201d maar plaaslike rolspelers is dit eens dat hulle nie oor die vermo\u00ebns beskik om dit toe te pas nie.<\/p>\n<p>\u2022 Petri Badenhorst, van Badenhorst Afslaers in Belfast, s\u00ea dat die verbod op veilings verrykende gevolge het. Daar word elke Woensdag veiling op Belfast gehou.<\/p>\n<p>Eenman besighede wat die vervoer van lewende hawe veilings toe behartig, spekulante wat beeste een-een opkoop en by die veiling kom verkoop, smouse wat vars produkte en kos by die veiling verkoop en tydelike werkers wat op Woensdae by die veiling kom werk is nou almal skielik sonder inkomste.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/www.farmersweekly.co.za\/agri-news\/south-africa\/foot-and-mouth-disease-spreads-to-four-feedlots-in-limpopo\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Foot-and-mouth disease spreads to four feedlots in Limpopo<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Badenhorst s\u00ea dat daar steeds lopende uitgawes, soos permanente werkers is wat betaal moet word, al kom daar nie geld in nie.<\/p>\n<p>\u201cDie tydsberekening is baie sleg. Boere sit met hul hande in hul hare en vra my wat hulle nou moet doen want hulle moet beeste verkoop om te kan plant,\u201d s\u00ea mnr. Badenhorst.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea omdat Badenhorst Afslaers \u2019n privaat afslaer is wat net op Belfast veilings hou, kan hulle nie soos ander afslaers steeds in ander provinsies met veilings voortgaan om \u2019n inkomste te kry nie.<\/p>\n<p>Mnr. Badenhorst s\u00ea dat afslaers nou moet saamwerk en sorg dat die verbod so gou moontlik afgeskaf word.<\/p>\n<p>\u201cEk glo nie al die samesweringsteorie\u00eb nie. Daar is \u2019n bek-en-klou uitbraak en hy moet nou reg bestuur word. Stel padblokkades op om beeste se beweging te beheer, maak dood wat siek is,\u201d s\u00ea mnr. Badenhorst.<\/p>\n<p>\u2022 Flip van der Merwe van Karoo Ochse s\u00ea dat die weeklikse veilings in die omgewing \u2019n groot finansi\u00eble omset het en dat daardie geld op die oomblik stil staan. Hulle hou elke Woensdag veiling op eMalahleni.<\/p>\n<p>Mnr. Van der Merwe s\u00ea die veilingsbedryf behels nie net die fisiese veiling weekliks nie, maar \u2019n baie groter organisasie van bemarkers en vervoerders wat nou negatief be\u00efnvloed word.<\/p>\n<p>\u201cDis \u2019n gemors. Ons kry nie antwoorde nie. Daar is nie duidelikheid oor hoe lank die verbod gaan wees of wat die prosedures is nie,\u201d s\u00ea hy.<br \/>\nHy s\u00ea die feit dat veilings nie gehou mag word nie maar slagpale en voerkrale steeds direk van plase kan koop, nie sin maak nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/rpo.co.za\/wp-content\/uploads\/2019\/11\/Press-release-FMD-November-2019.pdf?fbclid=IwAR0xzze7zQ5BaW99ovCwGu1VyGr2WABY10CjiWp3b4jmiJp311KtYdA4Vdk\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Foot and mouth disease in the Limpopo district<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u201cAs hulle die bek-en-klou wil stop moet hulle die beweging van beeste stop,\u201d meen mnr. Van der Merwe.<\/p>\n<p>\u2022 Cobus Boshoff, van Boshoff Afslaers wat op Dinsdae veilings in die Middelburg gebied hou, stem saam dat om veilings alleen te stop terwyl die beweging van beeste nie beheer word nie, nutteloos is.<\/p>\n<p>\u201cDaar is nou sprake van vervoer permitte en dat die boer veearts sertifikate moet h\u00ea, maar wie gaan dit beheer? Die staat het nie die mannekrag nie,\u201d s\u00ea hy.<br \/>\nMnr. Boshoff s\u00ea dat dit jammer is dat afslaers die prys moet betaal terwyl die staat nie hul verpligtinge om die siekte te beheer nakom nie.<\/p>\n<p>\u201cDit bly die staat se verantwoordelikheid om bek-en-klou te beheer en hulle doen dit nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Koos Joubert van Belfast slagpale s\u00ea dat hulle op hierdie stadium nog gelukkig is om besigheid te kan doen.<br \/>\n\u201cAs hulle ons toemaak sit 60 of 70 mense sonder werk,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Mnr. Joubert s\u00ea wat hom verstom is dat die departement \u2019n eensydige besluit gemaak het om veilings te verbied sonder om enige rolspelers te nader vir insette.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat die vleis, wol en vel-mark in gedrang is. Ander lande wat meeding in die vleismark gebruik ook die situasie in Suid Afrika om hul eie produkte op die w\u00eareldmark te bemark.<\/p>\n<p>\u201cDie groot probleem is mense wat nie hul werk doen nie. Die land lei miljoene rande se skade en dit alles net omdat die staat nie doen wat hulle moet nie. Dit is hulle werk om grense en gebiede te beskerm. Die staat is die groot skuldige party maar hulle verskuif net die blaam. Nou moet ander mense vir hulle foute betaal.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die mees onlangse uitbraak van bek-en-klouseer in Limpopo knou nie net die land se ekonomie nie maar het ook \u2019n daadwerklike impak op veral klein en eenman sake-ondernemings.\u00a0<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":92785,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[22075,22074,10367,17779,10450,10366,22077,13978,22076,22078],"class_list":["post-105435","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-bek-en-klouseer-uitbraak-in-limpopo","tag-bek-en-klouseer-uitbreek","tag-betroubare-nuus","tag-landbou-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-privaat-besigheid-betaal-vir-staat-se-flaters","tag-veeboerdery","tag-veilings-opgeskort-na-bek-en-klouseer-uitbraak","tag-wat-nou-met-bek-en-klou"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["bek-en-klouseer uitbraak in limpopo","bek-en-klouseer uitbreek","betroubare nuus","landbou nuus","middelburg nuus","plaaslike nuus","privaat besigheid betaal vir staat se flaters","veeboerdery","veilings opgeskort na bek en klouseer uitbraak","wat nou met bek en klou"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105435","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=105435"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105435\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/92785"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=105435"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=105435"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=105435"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}