{"id":105411,"date":"2019-11-20T12:41:48","date_gmt":"2019-11-20T10:41:48","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=105411"},"modified":"2019-11-25T08:52:57","modified_gmt":"2019-11-25T06:52:57","slug":"geheim-van-seuntjie-tussen-slotte-se-bene-opgelos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/20\/geheim-van-seuntjie-tussen-slotte-se-bene-opgelos\/","title":{"rendered":"Geheim van seuntjie tussen slotte se bene opgelos"},"content":{"rendered":"<p>Dit is Vrydagaand, net na nege, aan die anderkant van die selfoon is \u2019n opgewonde stem.<\/p>\n<p>Vra verbaas: \u201cStephan?\u201d<\/p>\n<p>\u201cJa, die seuntjie op die foto, dit is my Stephan,\u201d antwoord Fanie Groenewald.<\/p>\n<p>En daar word die geheim, van <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/104832\/wie-die-seuntjie-op-die-foto\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">die knapie wat tussen twee groot slotte se bene deurloer<\/a>, uiteindelik opgelos.<br \/>\nMaar die antwoord: \u201cStephan Groenewald\u201d is \u2019n lang verhaal van vele draaie en swaaie.<\/p>\n<p>Stephan is die seuntjie wat ondeund tussen Bokslot Krynauw en sy boetie, Johan, se bene deurloer, terwyl hulle die skrumskakel, Conrad Breytenbach, optel.<br \/>\nKrynauw en Conrad het daardie aand vir Noord-Transvaal op Loftus Versfeld uitgedraf en Johan vir Suidoos-Transvaal.<\/p>\n<p>Eers nadat die swart-en-wit foto ontwikkel is, is die seuntjie tussen hulle bene opgemerk.<br \/>\nVandag kan Stephan glad nie sy \u201cfotobom\u201d onthou nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_105412\" aria-describedby=\"caption-attachment-105412\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-105412\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/11\/Stephan-Groenewald-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Stephan-Groenewald-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Stephan-Groenewald-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-105412\" class=\"wp-caption-text\">Hier is \u2019n foto van Stephan, om en by ses jaar oud, in sy Blou Bul-klere en die &#8220;Curriebeker&#8221; wat hy in die agtertuin teen sy pa Fanie gewen het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cEk was seker so ses jaar oud,\u201d s\u00ea die 33-jarige prokureur by \u2019n versekeringsmaatskappy in Johannesburg. Dit beteken die foto is 27 jaar gelede geneem.<\/p>\n<p>Hy was in Laerskool en Ho\u00ebrskool Akasia en het later aan Tukkies studeer, maar vir die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se onder 20-span haker gespeel. Fanie was \u2019n dosent by die joernalistieke departement van TUT.<\/p>\n<p>\u201cDie eerste jaar was ons ligawenners en die tweede jaar was Nolis Marais, wat later die Bulle afgerig het, ons afrigter.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/104832\/wie-die-seuntjie-op-die-foto\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Wie is die seuntjie op die foto?<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Fanie was \u2019n skeidsregter en pa en seun was gereeld op Loftus.<\/p>\n<p>\u201cDit was die jare toe seuntjies nog op die veld kon draf, om hulle helde se handtekeninge te kry,\u201d vertel Fanie, oor sy seun se verskyning tussen die drie spelers.<\/p>\n<p>En vir 27 jaar het ek en Fanie saam vergaderings bygewoon, op komitees gedien en seminare bygewoon, sonder om te weet dit is sy klein rakker wat op die foto is.<\/p>\n<p>Pa en seun het selfs jare gelede \u2019n wedstryd tussen die Northern Bulls en die Auckland Blues op Witbank kom bywoon en ek het gere\u00ebl dat hulle in die presidentslosie kuier, steeds onbewus dat die onbekende seuntjie op die foto, langs my sit.<\/p>\n<p>\u2019n Facebook-vriend van sy vrou, Mari\u00ebtte, het die\u00a0<i>Middelburg Observer<\/i>\u00a0se plasing gedeel, oor die soektog na die seuntjie. Toe sy dit sien, het sy onmiddellik gedink dit is Stephan op die foto. Hy en sy ouers, wat by hulle gekuier het, kon dit bevestig en die geheim van die seuntjie tussen die slotte se bene is opgelos.<\/p>\n<p>Wys jou net: Die w\u00eareld is klein, so klein soos \u2019n sesjarige seuntjie tussen twee reuse slotte se bene!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cDis my Stephan daai!\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":104989,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,22065,8162,10450,10366,18974,22066,22067,5965,22064],"class_list":["post-105411","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-geheim-van-seuntjie-opgelos","tag-loftus","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-rugby-geskiedenis","tag-stephan-groenewald","tag-suidoos-transvaal-teen-noordtransvaal","tag-suidoos-transvaal","tag-wie-is-die-seuntjie-in-die-foto"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","geheim van seuntjie opgelos","loftus","middelburg nuus","plaaslike nuus","rugby geskiedenis","stephan groenewald","suidoos transvaal teen noordtransvaal","Suidoos-Transvaal","wie is die seuntjie in die foto"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105411","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=105411"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105411\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=105411"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=105411"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=105411"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}