{"id":105271,"date":"2019-11-18T10:40:24","date_gmt":"2019-11-18T08:40:24","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=105271"},"modified":"2019-11-19T09:19:57","modified_gmt":"2019-11-19T07:19:57","slug":"le-plat-gil-pa-toe-skote-hospitaal-klap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/18\/le-plat-gil-pa-toe-skote-hospitaal-klap\/","title":{"rendered":"\u2018L\u00ea plat!\u2019 gil pa toe skote in hospitaal klap"},"content":{"rendered":"<p>Sy seun, Ruben (20), l\u00ea op die eerste vloer in die chirurgiese saal van die hospitaal nadat hy Donderdag \u2019n breinoperasie ondergaan het.<\/p>\n<p>Hy het die vorige Saterdag met \u2019n vriend se motorfiets geval op die plaas Goedehoop, net buite Middelburg op die Bethalpad en is in die Witbank Hospitaal opgeneem, waar drie breinspesialiste Donderdag \u2019n breinoperasie op hom gedoen het.<\/p>\n<p>Mnr. Espach s\u00ea hulle was Saterdagaand reeds by die kar in die parkeerarea, toe hy en sy vrou, Trudie, sien dat hulle sy koeldrank in die voertuig gelos het.<br \/>\nSy twee dogters, Juanita (27) en Chrizanne (6) en broerskind, Maryna (15), het ges\u00ea hulle sal in die kar wag en musiek luister.<\/p>\n<p>Mnr. en me. Espach is terug na Ruben, waar hulle kort daarna die skote hoor klap het.<\/p>\n<p>Hy het die trappies afgehardloop en sekuriteitswagte langs die pad gekry wat vir hom geskree het: \u201cBel die polisie!\u201d<br \/>\nTerwyl hy gehardloop het om te gaan kyk of die dogters veilig is, het hy ook die polisie gebel.<\/p>\n<p>Die meisiekinders het weens die musiek nie die skote gehoor nie, maar dadelik gehoorsaam toe mnr. Espach vir hulle beveel om plat in die kar te l\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/104673\/motorfietsryer-veg-vir-lewe-na-ongeluk-op-plaas\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Motorfietsryer veg vir lewe na ongeluk op plaas<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hy het nie die kardeure oopgesluit nie, want hy was bang die moordenaar skuil dalk nog iewers in die donker en brand op hulle los of oorval hulle as die voertuig oopgesluit word.<\/p>\n<p>Nadat die sekuriteit hom verseker het dat die moordenaar reeds uit die perseel gevlug het, het hy die dogters vinnig laat uitklim en het hulle weer opgehardloop na die eerste vloer.<\/p>\n<p>\u201cDie deure was met kettings gesluit, maar die sekuriteit het ons laat ingaan en ges\u00ea die kinders moet in die hoek van die vertrek gaan sit, nie naby die vensters nie.\u201d<\/p>\n<p>Nadat die polisie die area beveilig het, het hulle gery.<\/p>\n<p>\u201cDaar is pasi\u00ebnte wat hulself ontslaan het na die voorval, maar ek kan nie my kind daar wegvat nie. Hy het \u2019n breinoperasie ondergaan. Hulle het nou strenger veiligheismaatre\u00ebls en my kind is beslis veilig.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Mnr. Espach s\u00ea sedert die voorval mag voertuie nie meer in die binne parkeerarea stop nie, maar moet buite stop.<\/p>\n<p>\u2022Hy s\u00ea daar is Saterdagaand ges\u00ea dat die oorledene \u2019n getuie in \u2019n hofsaak was.<\/p>\n<p>\u2022In \u2019n mediaverklaring deur die provinsiale polisiekantoor is ges\u00ea dat \u2019n 34-jarige man in die hospitaal doodgeskiet is.<br \/>\nHy is verlede Woensdag met skietwonde opgeneem vir behandeling.<\/p>\n<p>Saterdagaand omstreeks 18:45 het \u2019n persoon ingestap in die saal en die pasi\u00ebnt het hom dadelik herken.<\/p>\n<p>\u2019n Gestoei het ontstaan tussen die pasi\u00ebnt en die ander persoon, waarop die verdagte verskeie skote geskiet en die pasi\u00ebnt doodgeskiet is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cVyf of ses skote het geklap reg onder my seun se kamer. Ek het net twee tre\u00eb gegee teen die trappies af, kar toe gehardloop en vir die meisiekinders geskree: \u2018l\u00ea plat!\u201d vertel mnr. Chris Espach van die skietery die naweek in die Witbank Hospitaal.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":104682,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,21962,10450,21961,21964,10366,21829,21963],"class_list":["post-105271","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-hof-getuie-dood-geskiet-in-witbank-hospitaal","tag-middelburg-nuus","tag-ooggetuie-dood-geskiet-in-witbank-hospitaal","tag-pa-skree-vir-dogters-na-skietery-by-witbank-hospitaal","tag-plaaslike-nuus","tag-ruben-espach","tag-skietery-in-witbank-hospitaal"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","hof getuie dood geskiet in witbank hospitaal","middelburg nuus","ooggetuie dood geskiet in Witbank Hospitaal","pa skree vir dogters na skietery by witbank hospitaal","plaaslike nuus","Ruben Espach","skietery in witbank hospitaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=105271"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105271\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/104682"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=105271"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=105271"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=105271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}