{"id":105192,"date":"2019-11-15T17:00:43","date_gmt":"2019-11-15T15:00:43","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=105192"},"modified":"2019-11-18T11:12:02","modified_gmt":"2019-11-18T09:12:02","slug":"seun-9-takel-ontvoerder-wat-tweejarige-middelburg-uit-kar-gryp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/15\/seun-9-takel-ontvoerder-wat-tweejarige-middelburg-uit-kar-gryp\/","title":{"rendered":"Seun (9) takel ontvoerder wat tweejarige in Middelburg uit kar gryp"},"content":{"rendered":"<p>Klein Nathan van Niekerk (9) bulder \u201c<i>cool<\/i>\u201d toe\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b> hom Donderdag vertel dat hy Suid-Afrika se nuutste internetsensasie is, nadat hy sy tweejarige kleinboet Woensdagaand uit die kloue van \u2019n ontvoerder in die middedorp gered het.<\/p>\n<p>Die voorval het omstreeks 18:30 gebeur, kort nadat die polisie in dieselfde omgewing besighede gesluit het. Ma Lizette en haar kroos, Nathan en Raygan (2), was op pad huiswaarts in Walter Sisulustraat toe die ontvoerder toeslaan.<\/p>\n<p>Terwyl sy in die binnebaan gewag het vir die verkeerslig om groen te word, het Lizette opgemerk hoe \u2019n verdagte man nader aan haar werkbakkie beweeg. Die bakkie is toegerus met \u2019n paneelbordkamera wat die angswekkende oomblik toe Raygan van die sitplek af gegryp is, opgeneem het.<\/p>\n<p>In die kameramateriaal kan gehoor word hoe Lizette vir Nathan waarsku, \u201chier kom \u2019n skelm, pasop hier kom hy,\u201d waarna bloedstollende gille gehoor kan word, wanneer die man die peuter gryp.<\/p>\n<p>(Alhoewel www.mobserver.co.za aanvanklik besluit het om uit respek vir die familie nie die video te gebruik nie, word dit nou met toestemming van die Van Niekerks geplaas.)<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/HIQDtrpxZRw' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Nathan sit die booswig dadelik agterna. \u201cEk het hom aanhou slaan met die vuiste,\u201d het hy Donderdag grootoog vertel.<\/p>\n<p>Die manhaftige nege-jarige het die ontvoerder toegetakel, wat steeds vir Raygan in sy greep gehad het, tot hy die peuter soos \u2019n skroplap in die straat gegooi het.<\/p>\n<p>Nathan onthou die vriendelike tannie, Doret Smit, wat hulle dadelik te hulp gesnel het toe sy sien wat gebeur.<\/p>\n<figure id=\"attachment_105199\" aria-describedby=\"caption-attachment-105199\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-105199\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/11\/Unisa_Unisa_2019_11_14_12_22_53-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Unisa_Unisa_2019_11_14_12_22_53-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/Unisa_Unisa_2019_11_14_12_22_53-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-105199\" class=\"wp-caption-text\">Die misdaadtoneel.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cEk het my boetie en die opgetel en in die bakkie terug gesit, terwyl my ma die ontvoerder gejaag het\u201d.<\/p>\n<p>Me. Smit het by die kinders gewaak terwyl Lizette haar trouring na die ander hand geskuif het \u201cwant ek wou vir hom bliksem!\u201d.<\/p>\n<p>Met Krav Maga selfverdedigingslesse agter die rug, was Lizette reg vir \u2019n konfrontasie.<br \/>\nDie ontvoerder was egter gewapen met \u2019n slagmes en het gedreig \u201cI\u2019ll f****** kill you\u201d.<\/p>\n<p>Die polisie was kort hierna op die toneel waar hulle Lizette opgetel en Irak taxistaanplek toe gevat het om die man te gaan soek.<\/p>\n<p>\u201cEk sal hom altyd herken,\u201d s\u00ea Lizette.<\/p>\n<p>https:\/\/mobserver.co.za\/105130\/klankgreep-ma-gil-los-kind-toe-man-met-mes-haar-kleuter-gryp\/<\/p>\n<p>Bekommerd oor die kinders, wou sy egter met alle geweld terug kar toe, en die polisie het haar toe alleen uit die taxistaanplek laat loop, terug na haar histeriese kroos toe.<\/p>\n<p>Nathan s\u00ea dat sy maatjies hom Donderdag as held by die skool ontvang het, hoewel daar hier en daar \u2019n traantjie was \u2013 \u201ctrane van blydskap,\u201d herinner <b>www.mobserver.co.za<\/b> hom.<\/p>\n<p>Die negejarige se heldhaftigheid word landwyd besing, nadat hul ouma die paneelbordkamera-materiaal op sosiale media gedeel het om Middelburg inwoners van die misdaadgevaar te waarsku.<\/p>\n<p>\u201cOns het nie verwag dat dit so ver sou gaan nie,\u201d is die familie dit eens. Lizette s\u00ea haar foon lui onophoudelik \u201cmaar ons is\u00a0<i>okay<\/i>, ons is paraat\u201d.<\/p>\n<p>Klein Raygan het gelukkig net skrapies in die voorval opgedoen.<\/p>\n<p>\u2022Nadat Lizette gekritiseer is op sosiale media dat haar kind in \u2019n karstoeltjie vasgemaak moes wees, het sy ges\u00ea dat sy in \u2019n \u201cclub-cab\u201d bakkie was en dat di\u00e9 tipe bakkies dit onmoontlik maak om so stoeltjie te gebruik.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Staan opsy Bokke, daar is \u2019n nuwe held in die land.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":105197,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[2975,21942,21941,6109,21943,9827,21966,1933,2988,21940,3006,21946,21945,21944,21915],"class_list":["post-105192","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-cbd","tag-is-hy-by-sy-ma","tag-is-kind-veilig","tag-kidnap","tag-kind-gegryp","tag-kind-ontvoer","tag-middelburg","tag-misdaad","tag-ontvoer","tag-ontvoerder-gesoek","tag-pretoria","tag-video-van-kind","tag-video-van-ontvoering","tag-video-wys-ontvoering","tag-watloo"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["CBD","Is hy by sy ma?","is kind veilig?","kidnap","kind gegryp","kind ontvoer","middelburg","misdaad","ontvoer","ontvoerder gesoek","pretoria","video van kind","video van ontvoering","video wys ontvoering","watloo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105192","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=105192"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/105192\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/105197"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=105192"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=105192"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=105192"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}