{"id":104514,"date":"2019-11-06T13:12:49","date_gmt":"2019-11-06T11:12:49","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=104514"},"modified":"2019-11-08T08:39:00","modified_gmt":"2019-11-08T06:39:00","slug":"merkers-maak-inwoners-senuweeagtig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/06\/merkers-maak-inwoners-senuweeagtig\/","title":{"rendered":"\u2018Merkers\u2019 maak inwoners senuweeagtig"},"content":{"rendered":"<p>Net \u2019n dag later is koeldrankproppies in een van die bure se oprit gekry.<\/p>\n<p>Sedertdien laat weet inwoners van Kanonkop en Dennesig op \u2019n daaglikse basis dat daar koeldrankdoppies in hul opritte gekry word en dat hulle bang is vir aanvalle en inbrake.<\/p>\n<p>Buiten me. Du Toit se voorval, was daar nog nie weer \u2019n inbraak of aanval by enige huis waar daar doppies in die opritte of voor erwe gekry is nie. Die inbrake was by ander huise.<br \/>\nDit is volgens lede van die noodgroepe wat gereeld patrollies doen, asook me. Rehana Pilodia (voorsitter, Gemeenskapspolisi\u00ebringsforum).<\/p>\n<p>Me. Pilodia het op \u2019n noodgroep ges\u00ea dat die voorkoms van koeldrankdoppies op sypaadjies en opritte baie meer word Woensdae wanneer die sakkrappers plastiekbottels uithaal. Sy wonder of hulle nie net die doppies afhaal en dit daar neersit nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/102080\/vrou-gewelddadig-middelburg-aangeval\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Vrou geweldadig in Middelburg aangeval<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Inwoners het egter gemeld dat di\u00e9 merkers in vorms, soos halfmane en selfs diamantvorms gepak word.<\/p>\n<p>Noodgroepe, asook polisielede het inwoners gemaan om hierdie merkers dadelik te verwyder wanneer hulle dit kry, maar merkerkenner, Corn\u00e9 Koen, stem nie heeltemal saam nie.<\/p>\n<p>Mnr. Koen (wat in Standerton bly) was vir jare in die weermag se intelligensie-afdeling. Hy was ook deel van \u2019n spesialiseenheid wat tussen 1987 en 2004 gespesialiseer het in ondersoeke van plaasaanvalle waar spesifiek merkers gebruik is.<\/p>\n<p>Mnr. Koen vertel dat sy eie huis op \u2019n stadium gemerk is en dat hy die merkers gelos het, waarna n\u00f3g gevolg het en hy uiteindelik hul patroon kon navolg en die skuldiges, wat betrokke was, kon vastrek.<\/p>\n<figure id=\"attachment_104515\" aria-describedby=\"caption-attachment-104515\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-104515\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/11\/19rr6-1-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/19rr6-1-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/11\/19rr6-1-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-104515\" class=\"wp-caption-text\">\u2019n Kenner van merkers, Corn\u00e9 Koen, s\u00ea hierdie proppies is \u2019n merker wat \u2019n rigting na regs aandui.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Alhoewel hy net die persone wat die merkers gepak het, later vasgetrek en hulle skuldig bevind is aan beskadiging van eiendom, het hulle op hierdie manier ander verdagtes ge\u00efdentifiseer wat betrokke was by ander misdade.<\/p>\n<p>Mnr. Koen s\u00ea hy wil nie uitsprake maak oor wat die doppies spesifiek beteken nie.<\/p>\n<p>\u201cDit hoef nie noodwendig na jou huis toe te verwys nie, dit kan verwys na jou buurman. Dit kan aanwysings wees van kultuurgroepe, okkultiese tekens of selfs tekens tussen dwelmverslaafdes en bendes.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea indien dit \u2019n ernstige merker is, sal daar beslis ander merkers ook wees, soos voetspore, wat na gekyk moet word, om te bepaal wat hul beplanning is.<\/p>\n<p>Hy kan byvoorbeeld nie uit \u2019n foto van net \u2019n paar doppies wat van bo af geneem is, sien wat die merker se bedoeling is nie. \u201cDie merker se lyn na die huis of huise in die omgewing, moet ook afgeneem word. Verder moet ek weet of daar ander merkers in die omgewing is, voor ek \u2019n idee kan kry.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Koen s\u00ea die spesifieke kleure van merkers het ook spesifieke betekenisse, maar dat koeldrankproppies nie noodwendig in hierdie kategorie val nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/103554\/inbreker-vlug-toe-vrou-skree\/\" target=\"_blank\" rel=\"noopener noreferrer\">Inbreker vlug toe vrou skree<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Groen of blou beteken \u2019n maklike teiken.<\/p>\n<p>\u2022Oranje, geel of bruin beteken: wees versigtig.<\/p>\n<p>\u2022Rooi is \u2019n teken van gevaar (soos \u2019n wapen op die perseel) en dat alles gestop moet word.<\/p>\n<p>Mnr. Koen het ges\u00ea hy sou graag Middelburg se noodgroepe, asook polisielede wou oplei om presies te weet hoe die merkers werk en waarvoor om uit te kyk. Hy het aangedui dat hy hierheen sal pendel vir \u2019n kursus, wat hy gewoonlik op \u2019n Saterdag aanbied.<\/p>\n<p>Me. Pilodia het ges\u00ea dat sy mnr. Koen beslis sal nooi om lede van die GPF, asook ander noodgroepe en polisielede op te lei. Sy het aangedui dat sy hom dadelik sal kontak om re\u00eblings te tref vir sodanige opleiding.<\/p>\n<p>\u2022\u2019n Vrou het vanoggend op \u2019n noodgroep laat weet dat sy met die sakgrawers gepraat het en uitgevra het oor die doppies op die sypaadjies.<\/p>\n<p>Hulle het vir haar ges\u00ea dat hulle nie die doppies soek nie en dit net neergooi waar hulle le\u00eb bottels uithaal. Sy het uitgevra, omdat sy gesien het hulle gooi die doppies op die gras.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die dag voor Whelma du Toit se kop oopgekloof is tydens \u2019n huisroof, was daar koeldrankdoppies gepak in die oprit van hulle huis in Kanonkop.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":104516,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,21761,21764,7457,21762,21763,10450,1933,10366],"class_list":["post-104514","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-doppies-as-merkers-geplaas-voor-huise","tag-huise-geteiken-deur-rowers","tag-inbraak","tag-inbrekers-gebruik-koeldrankproppies-as-merkers","tag-merkers-voor-het-maak-inwoners-senuweeagtig","tag-middelburg-nuus","tag-misdaad","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","doppies as merkers geplaas voor huise","huise geteiken deur rowers","Inbraak","inbrekers gebruik koeldrankproppies as merkers","merkers voor het maak inwoners senuweeagtig","middelburg nuus","misdaad","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104514","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=104514"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104514\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/104516"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=104514"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=104514"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=104514"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}