{"id":104384,"date":"2019-11-04T09:40:41","date_gmt":"2019-11-04T07:40:41","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=104384"},"modified":"2019-11-05T08:47:46","modified_gmt":"2019-11-05T06:47:46","slug":"rower-probeer-deur-oopbreek-met-wapen-polisie-het-nie-voertuig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/11\/04\/rower-probeer-deur-oopbreek-met-wapen-polisie-het-nie-voertuig\/","title":{"rendered":"Rower probeer deur oopbreek met wapen &#8211; polisie het nie voertuig"},"content":{"rendered":"<p>Me. Annique Chawner is omstreeks 05:30 deur haar Yorkshire hondjie by hul huis in Jeppestraat (Mineralia) gewek.<\/p>\n<p>\u201cDie hond het geweldig geblaf en bo-op my kom spring dat ek moes wakker word.\u201d<\/p>\n<p>Me. Chawner het iets gehoor en kombuis toe gestap. Deur die kombuisvenster het sy gesien dat drie booswigte reeds in hul onthaalarea, wat verbind is met die kombuis, is. Hulle het \u2019n venster in die onthaalarea oopforseer en ingeklim.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/104338\/drie-honde-laasnag-middelburg-vergiftig\/\" target=\"_blank\">Drie honde vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Een van die boewe het bo-op haar man se motorfiets gesit. Die ander het \u2019n Jeepwiel na buite gedra en die derde een was besig om met \u2019n geweer die veiligheidshek, wat toegang bied na haar kombuis, te probeer oopforseer.<\/p>\n<p>Me. Chawner het omgespring, kamer toe gehardloop en die polisie gebel.<\/p>\n<p>\u201cDie persoon wat die telefoon geantwoord het, het die hele tyd ges\u00ea hy kan my nie hoor nie. Toe hy my uiteindelik kon hoor, het ek vir hom ges\u00ea hulle is besig om by ons in te breek. Hy het egter ges\u00ea hulle is besig om skofte te ruil en daar is nie \u2019n voertuig beskikbaar om na my toe te kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Me. Chawner het die foon doodgedruk en dadelik op Zello ingeroep. \u201cDie noodgroeplede was binne twee minute daar, maar toe was die inbrekers reeds weg.\u201d<br \/>\nSy vermoed die inbrekers het gehoor toe sy kamer toe hardloop en die polisie bel.<\/p>\n<p>\u201cAs ek eerste op Zello ingeroep het, glo ek dat hulle die inbrekers op heterdaad kon betrap het!\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:\u00a0<a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/104228\/huishulp-betrap-rowers-op-heterdaad-middelburg\/\" target=\"_blank\">Huishulp betrap rowers op heterdaad in Middelburg<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die booswigte het \u2019n staalpyp, wat hulle agter in die erf gekry het, teen \u2019n muur skuins neergesit, sodat hulle daarop kon loop tot op die muur van die bure agter hulle en kon wegkom.<\/p>\n<p>\u2022Me. Chawner s\u00ea sy wonder of dit nie dieselfde drie rowers was wat Woensdag omstreeks 12:00 ingebreek het by \u2019n huis in Japonikastraat (Kanonkop) nie.<br \/>\nTydens hierdie voorval het \u2019n huishulp hulle in die huis betrap, waarop die rowers, wat almal gewapen was, gevlug het.<\/p>\n<p>Hulle het die wapens in haar rigting gewys en ges\u00ea sy moet stilbly, maar sy het begin skree, waarop die tuinier aangehardloop gekom en die rowers voet in die wind geslaan het.<\/p>\n<p>Hulle het weggekom in \u2019n ou model blou BMW.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Vrou moes hardloop om te gaan bel vir hulp, terwyl sy magteloos moes toekyk hoe \u2019n rower met \u2019n wapen, wat soos \u2019n haelgeweer gelyk het, haar Trellidoor probeer oopbreek.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":66989,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,10450,1933,8142,10366,21692,21693,21691,21694],"class_list":["post-104384","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-misdaad","tag-misdaad-in-middelburg","tag-plaaslike-nuus","tag-polisie-reageer-nie-tydens-gewapende-roof","tag-rooftog-in-mineralia","tag-rowers-probeer-hek-oop-breek-met-haalgeweer","tag-rowers-probeer-hek-oopbreek-in-mineralia"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","middelburg nuus","misdaad","misdaad in middelburg","plaaslike nuus","polisie reageer nie tydens gewapende roof","rooftog in mineralia","rowers probeer hek oop breek met haalgeweer","rowers probeer hek oopbreek in mineralia"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104384","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=104384"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/104384\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/66989"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=104384"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=104384"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=104384"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}