{"id":10438,"date":"2014-05-12T00:00:00","date_gmt":"2014-05-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/10438\/my-beurt\/"},"modified":"2014-05-12T14:52:34","modified_gmt":"2014-05-12T12:52:34","slug":"my-beurt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/05\/12\/my-beurt\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>Ek sal nie uitbrei oor ander familielede nie (netnou neem hulle aanstoot), maar ek moet hand in eie boesem steek as dit kom by die sentimentele goedjies.<\/p>\n<p>Jy sal verstaan as jy my muureenheid sien!<\/p>\n<p>Op die een rak staan glaspoppies en beeldjies wat die jonges sal laat giggel. Die een is \u2019n swart olifantlampie wat uit my een ouma se \u201cshowcase\u201d kom. Nog met sulke goue uitgroeisels wat natuurlik sy tande moet wees.<\/p>\n<p>Skuins onder hom is twee katjies in \u2019n staander wat heen en weer beweeg. Nogal pienk en groen met \u201cSalt\u201d en \u201cPepper\u201d op hul pensies.<\/p>\n<p>Die dik pot met die reuse snawel was op \u2019n tyd \u2019n lekkergoedhouer. Die vo\u00ebl se kop het lankal gebreek en het net die snawelgedeelte oorgebly. Hoekom ek hom hou? G\u2019n mens weet nie! (Ek dink ek het dit nog \u201cmany moons ago\u201d by my kollegas gekry toe ons nog geskenke vir mekaar gekoop het!).<\/p>\n<p>Dan praat ek nie eers van die geverfde borde op die staanders, die marmer hond met die lang stert en die vuilwit engeltjies wat so twee-twee op die rak staan nie.<\/p>\n<p>Maar dit is nie net ons familie wat goedjies versamel en uitstal vir stof om op te vergader nie.<\/p>\n<p>Net nou die dag stap ek by \u2019n huis in waar \u2019n bejaarde vrou besig is om haar goedjies uit te sorteer, want sy moet in \u2019n kleiner woonstelletjie in.<\/p>\n<p>Sy vee trane af, terwyl sy besig is om \u2019n onsigbare stoffie van \u2019n beeldjie af te probeer vee. \u201cHierdie beeldjie het ek aanmekaar geplak nadat hy geval het. Ek het hom by my vriendin gekry kort voor haar dood 34 jaar gelede.\u201d<\/p>\n<p>In die kombuis hang nagemaakte plastiekgroente teen die muur en skreeusnaakse vet paddatjies staan in \u2019n bord. \u201cDit was my ma s\u2019n. Sy het dit vir my gegee toe ek 40 jaar terug getroud is.\u201d<\/p>\n<p>Die le\u00eb blikke doer bo op die kombuiskas vertel elkeen \u2019n storietjie, vanaf die meelblik uit vervloe\u00eb se dae tot die nuwe Joko-blik wat heel bo-op gestapel is.<\/p>\n<p>Sy lag verle\u00eb oor die interessante drankbottels op \u2019n ander kas. \u201cOns het dit nie self gedrink nie, maar dit was vir my so mooi, dat ek dit by mense gevat en daar gesit het.\u201d<\/p>\n<p>Die onthouliggies gaan aan as sy stap na elke tapisserie en gevlegde \u201cmakramie\u201d teen die muur en die houtperdjies op haar ouma se wakis.<\/p>\n<p>\u201cHoe pak jy 50 jaar se onthou in \u2019n paar bokse en gee dit net weg?\u201d vra sy die vraag waarvoor ek ook geen antwoord het nie.<\/p>\n<p>Terug by die huis vroetel ek met die pienk eend en vryf ingedagte oor die koperketeltjie wat ouma vir my gegee het sowat \u2019n jaar voor haar dood. Wie sal ooit weet hoeveel goeie tye ek en sy saam gehad het?<\/p>\n<p>Ek steek voelers uit na my kinders en vra wat hulle eendag met di\u00e9 goedjies gaan doen as ek my huisgoedjies moet opgee, waarop een antwoord: \u201cAg nee Ma, pak die goed nou al in \u2019n boks en gee dit weg! Ons soek nie daardie kaggeltwakkies nie!\u201d<\/p>\n<p>Simpel kaggeltwakkies vir hulle, maar goue herinneringsornamente vir my.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is nou \u00e9\u00e9n ding waarvoor ons ou familietjie bekend is: sentiment en die versamel van allerlei onbruikbare artikels wat ons \u201chou want dit het aan daardie tannie of ouma behoort!\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":10501,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2889,2888],"tags":[1342,6],"class_list":["post-10438","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-letters","category-opinion-edition","tag-my-turn","tag-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["My Turn","Opinion"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10438","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10438"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10438\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10501"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10438"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10438"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10438"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}