{"id":103651,"date":"2019-10-18T11:42:45","date_gmt":"2019-10-18T09:42:45","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=103651"},"modified":"2019-10-21T17:54:41","modified_gmt":"2019-10-21T15:54:41","slug":"condom-loop-sy-rieme-styf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/10\/18\/condom-loop-sy-rieme-styf\/","title":{"rendered":"\u2018Condom\u2019 loop sy rieme styf"},"content":{"rendered":"<p>Inwoners van Belfast het op hul noodgroep die polisie geloof vir die arrestasie.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cEk het nie eers agtergekom wat alles gesteel is, voor die polisie my gebel en al my goed aan my terugbesorg is nie,\u201d vertel me. Rachel van den Berg, \u2019n onderwyser van Belfast Akademie.<\/p><\/blockquote>\n<p>\u201cCondom\u201d, wat sers. KC McDonald (Belfast Polisie mediawoordvoerder) as \u2019n \u201cgesoekte verdagte\u201d beskryf het, is Woensdagoggend vasgetrek by \u2019n huis in Siyathuthuka.\u00a0Sipho Masango het vanoggend in die hof op Belfast verskyn. Borg is geweier en die saak is uitgestel na volgende Vrydag.<\/p>\n<p>\u2019n Rol gesteelde draad is teruggevind. Nadat die polisie die verdagte se huis deursoek het, het hulle ook \u2019n koelsak gekry met drie selfone, \u2019n beursie en juwele daarin.<\/p>\n<p>Also read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99014\/fake-notes-belfast-leads-two-arrests\/\" target=\"_blank\">Fake notes in Belfast leads to two arrests<\/a><\/p>\n<p>Me. Van den Berg, wat die einde van die jaar aftree, s\u00ea sy het Dinsdagaand nie dadelik agtergekom daar is by haar ingebreek nie. Sy is Bybelstudie toe en het omstreeks 19:40 tuisgekom by haar huis in Boultstraat. \u201cEk het nog op die radio inroep om 19:45 ges\u00ea alles is reg.\u201d<\/p>\n<p>Vyf minute later het sy agtergekom haar selfone is weg en het sy die huis deursoek. \u201cMy een ou foontjie gaan twee keer per dag agtuur af sodat ek insulien kan spuit en ek kon hulle nie in die hande kry nie.\u201d<\/p>\n<p>In die sitkamer het sy gesien die diefwering is weggebuig en het vir hulp per noodradio geroep.<\/p>\n<p>\u201cEk het nie gedink ek sal ooit weer my fone sien nie. Woensdagoggend het iemand my laat weet dat die polisie \u2019n foto van \u2019n selfoon se skerm geneem en dit rondgestuur het om die eienaar van die fone te soek. Dit was sowaar myne!\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_103652\" aria-describedby=\"caption-attachment-103652\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-103652 size-medium\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/Condom-inbraak1-Copy-520x400.jpg\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/Condom-inbraak1-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/Condom-inbraak1-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-103652\" class=\"wp-caption-text\">Die toneel wat die Du Plessis egpaar begroet het toe hulle in hul huis in Belfast instap.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Met haar aankoms by die polisie het sy gesien dat daar talle artikels is wat sy op daardie stadium nog nie eers vermis het nie.<\/p>\n<p>Haar kossak, waarin sy as diabeet haar dag se kos pak, is deur die booswig gebruik om haar beursie, selfone en ander juwele, soos borsspelde, in te gooi. Daar was ook \u2019n halfge\u00ebte sjokolade in die sak.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cHy het twee van die agt sjokolades gevat, wat ek gekoop het vir personeel wat my sou help Woensdagaand by die prysuitdeling.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Haar beursie met kaarte daarin is ook in die koelsakkie gekry, maar die sowat R900 kontant daarin is weg.<\/p>\n<p>\u2022Net etlike dae vantevore is daar ingebreek by mnr. en me. Johan en Hessie du Plessis se huis in Dugganstraat. Me. Du Plessis is ook \u2019n onderwyser by Belfast Akademie.<\/p>\n<p><strong>Also read: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/100641\/victims-killed-execution-style-bodies-dumped-2\/\" target=\"_blank\">Victims killed execution style<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Me. Du Plessis s\u00ea hulle het byna die inbreker in hul huis betrap toe hulle Vrydagaand omstreeks 18:30 tuisgekom het. Met hul tuiskoms het die alarm geskree en toe hulle by die hek ingaan, het hulle die persoon by die venster sien uitspring, waarna hy oor die muur verdwyn het.<\/p>\n<blockquote class=\"quote-solid\"><p>\u201cHulle het goeie vingerafdrukke gekry en ek is seker dis ook\u00a0<i>Condom<\/i>\u00a0se werk gewees, want op die foto wat oral versprei is van hom nadat hy gearresteer is, het hy dieselfde klere aan as die een wat weggehol het.\u201d<\/p><\/blockquote>\n<p>Ook in hulle geval het die inbreker sy hand deur die klein boonste venstertjie gedruk en die groot venster oopgemaak. Die diefwering is met \u2019n baksteen oopgekap en opgedruk.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/101894\/video-vee-brand-dood-helvuur-trok-se-spieel-smelt\/\" target=\"_blank\">Vee brand dood in helvuur &#8211; trok se spie\u00ebls smelt<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Me. Du Plessis s\u00ea die dief het haar handsak in die huis gevat en daarin gepak wat hy kon. Hulle vermis, buiten die handsak-inhoud, ook \u2019n skootrekenaar, \u2019n bystandbattery (Powerbank), herlaaiers en \u2019n horlosie.<\/p>\n<p>\u2022Die inbreker het \u2019n bakkie met viskoekies in die yskas gevat, maar het dit naby die venster in die huis laat val, terwyl hy besig was om weer deur die venster uit te klim.<\/p>\n<p>\u2022Sers. McDonald het gemeld dat die verdagte gesoek was vir talle inbrake en diefstalsake in die Belfast omgewing.<\/p>\n<p>Sy het bevestig dat hulle elektroniese ware soos selfone en \u2019n sak teruggevind het.<\/p>\n<p>\u201cDie polisie wil by die gemeenskap pleit om nie gesteelde items by kriminele te koop nie. Kriminele hou aan steel omdat daar \u2019n mark daarvoor is, want mense hou aan om dit te koop.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Condom is gevang! \u2019n Gesoekte misdadiger met die aliasnaam, \u201cCondom\u201d het sy rieme styfgeloop toe hy op heterdaad betrap is met gesteelde draad, \u2019n kos koelsak en selfone.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":103653,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1453,19415,18521,21487,6992,21484,4677,1107,21486,21485,9681],"class_list":["post-103651","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-belfast","tag-belfast-news","tag-belfast-nuus","tag-belfast-police","tag-belfast-polisie","tag-condom","tag-gesoek","tag-middelburg-observer","tag-sipho-masango","tag-siyathuthuka","tag-verdagte"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["Belfast","belfast news","belfast nuus","belfast police","belfast polisie","condom","gesoek","Middelburg Observer","Sipho Masango","Siyathuthuka","verdagte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103651","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=103651"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103651\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/103653"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=103651"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=103651"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=103651"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}