{"id":103313,"date":"2019-10-10T14:00:37","date_gmt":"2019-10-10T12:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=103313"},"modified":"2019-10-15T07:39:52","modified_gmt":"2019-10-15T05:39:52","slug":"greace-vermaak-vir-elkeen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/10\/10\/greace-vermaak-vir-elkeen\/","title":{"rendered":"Greace \u2013 vermaak vir elkeen!"},"content":{"rendered":"<p>Met verskeie vertonings wat hierdie week in die skoolsaal gehou is, is daar natuurlik \u2019n staaltjie of twee te vertel wat beslis in elke revuelid se onthou-boks geb\u00eare sal word\u2026<\/p>\n<p>Me. Leana Pelser, wat vir die choreografie verantwoordelik was, lag heerlik oor \u2019n paar gebeure wanneer sy aan vanjaar se revue terugdink. Bo aan die lys is die Drie Musketeers, alias juffrouens Ren\u00e9\u00e9 Swanepoel, Monzinnel de Beer en Daleen van Jaarsveld, wat des ondanks alle geure en volksvreemde objekte, daarin kon slaag om die kleurvolste kostuums vir die bykans 80 revuelede by die China Mall in Johannesburg te \u2018ontdek\u2019.<\/p>\n<p>Die kreatiewe revuegroep het met verskeie byname vorendag gekom: Christiaan Borcherds is Plank gedoop (dit het glo iets met sy dansstyl te make, alhoewel sy besonderse ryk stem hom eerder \u2019n plek in die revue verseker het).<\/p>\n<p>Me. Maretha van Jaarsveldt, mnr. Hoppie van Jaarsveldt se wederhelfte, moes vrede maak met haar eretitel as juffrou Hoppie en het daarin geslaag om die openingslied te beredder nadat sy die \u2018bevange\u2019, I love it liedjie voorgestel het in plaas van Dik in Desember (tot juffrou Nieuwoudt se verligting)!<\/p>\n<p>Uniek aan die Rooies se eiesoortige Greace, is die gebruik van media deur middel van televisieskerms aan die kant van die verhoog wat as \u2018storievertellers\u2019 gedien het en waarop daar onder meer die twee verliefdes, Santie en Danie, se teksboodskappe en selfies gewys is. Juffrou Leana vertel dat die opneem van hierdie videomateriaal groot pret was!<\/p>\n<p>Saam met die lag was daar ook spanningsvolle oomblikke soos Den\u00e9 Lindeque-Fouch\u00e9, wat die hoofrol van Santie vertolk het, se ernstige besering wat juffrou Leana slapelose nagte besorg het! Sun\u00e9 van der Merwe het ook met haar geskeurde ligamente by elke vertoning haar staal, oftewel dansbewegings, gewys.<\/p>\n<p>Die Rooies se unieke weergawe van Greace het nie net die dak gelig nie, maar ook \u2019n paar nuwe talente aan die lig gebring. Alhoewel Ricardo Correia \u2019n geswore rugbyheld is, het hy sy debuut as Danie, Santie se k\u00earel in di\u00e9 verhoogstuk, gemaak. Die koshuisseuns van Douw Smith het ook hul plek as \u2018agtergrondsangers\u2019 gedurende die opnames volgestaan, aangesien \u2019n groot gedeelte van die revuegroep ten tye van die opnames by sport betrokke was.<\/p>\n<p>\u2022HTS Middelburg bedank elke revuelid, ouer en personeellid wat talle laatnagte deurgeworstel en naweke en vakansies opgeoffer het om van hierdie verhoogstuk \u2019n sukses te maak!<\/p>\n<p>In die woorde van Hennie Aucamp:<\/p>\n<p>\u201cIn krisistye is kultuur geen luukse nie, maar die hoogste vorm van selfbehoud. Want kultuur staan vir interne orde, en interne orde is die fondament van alle beskawing\u201d. Vanjaar se revue, Greace, was vir seker \u2018n verhoogstuk reg in die kraal van oud en jonk, kultuurdier \u00e9n sportliefhebber!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HTS Middelburg se revuegroep het vanjaar Greace, wat die gehoor aan die sing en dans gehad het, op die planke gebring!<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":103314,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Persverklaring","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,21315,1061,21312,21313,21314,10450,10366,21316],"class_list":["post-103313","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-cultuur","tag-hts-middelburg","tag-hts-middelburg-2019-revue","tag-hts-middelburg-bring-greace-op-die-planke","tag-htsm-greace-revue","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-skool-konserte"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","cultuur","HTS Middelburg","HTS Middelburg 2019 revue","HTS Middelburg bring Greace op die planke","HTSM Greace revue","middelburg nuus","plaaslike nuus","skool konserte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103313","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=103313"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/103313\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/103314"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=103313"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=103313"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=103313"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}