{"id":102903,"date":"2019-10-07T12:22:40","date_gmt":"2019-10-07T10:22:40","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=102903"},"modified":"2019-10-08T11:33:55","modified_gmt":"2019-10-08T09:33:55","slug":"rottweilers-wat-soos-kinders-huis-vergiftig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/10\/07\/rottweilers-wat-soos-kinders-huis-vergiftig\/","title":{"rendered":"Rottweilers \u2018wat soos kinders in huis is\u2019 vergiftig"},"content":{"rendered":"<p>Die Kruger gesin het omstreeks 02:00 gehoor die honde blaf, maar gedink daar is iemand wat in die straat verbyloop.<\/p>\n<p>Mnr. Gert Kruger s\u00ea hy staan altyd 03:00 op en roep so by 03:30 sy twee honde, Jurgens (reun) en Baba (teef). Hy los sy motorhuis effens oop sodat hulle daar kan slaap.<\/p>\n<p>Hulle het egter nie aangehardloop gekom soos gewoonlik nie en hy het met sy flits na hulle begin soek en hulle kort daarna gevind waar hulle gevrek het. Dit is na alle waarskynlikheid weer Temik wat gebruik is om die honde te vergiftig.<\/p>\n<p>Mnr. Kruger s\u00ea die booswigte het die hek effens oopgeskuif, maar hy vermis niks uit sy motorhuis nie. \u201cDie motorfietse en al die ander artikels is nog daar. Ek sal maar van nou af alles gesluit moet hou!\u201d<\/p>\n<p>\u2022Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) s\u00ea dat mense hul diere in die huis, of agter in hul erwe of in hul motorhuise in die nag moet hou om die vergiftigings deur die loop van die nag te voorkom.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/92682\/honde-vergiftig-vir-motorfiets\/\" target=\"_blank\">Honde vergiftig vir motorfiets<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022In bykans al die gevalle waar honde vergiftig word, volg daar dieselfde nag of \u2019n dag of wat later diefstalle van motorfietse of inbrake.<\/p>\n<p>\u2022Met die meeste plaaslike hondevergiftigings is Temik (ook Two-Stepgif genoem weens die vinnige werking daarvan) gebruik om die honde te vergiftig.<\/p>\n<p>\u2022Carte Blanche het in \u2019n uitsending ges\u00ea dat daar tot 1 000 honde per week in Suid-Afrika vergiftig word.<\/p>\n<p>\u2022Die gebruik van Temik is onwettig, maar dit is steeds vrylik op straat beskikbaar.<\/p>\n<p>Tydens \u2019n ondersoek deur\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het \u2019n verteenwoordiger ingegaan by \u2019n taxistaanplek in die dorp en dadelik vir R20 van hierdie dodelike gif te koop gekry.<\/p>\n<p>\u2022Dr. Gerhard Verdoorn (Direkteur van die Griffon Gifsentrum en konsultant vir die Landbou Chemiese Industrie en AVCSA &#8211; Association of Vetenerian and Crops SA) het tydens \u2019n vorige onderhoud vertel hoe giftig Temik is.<\/p>\n<figure id=\"attachment_102905\" aria-describedby=\"caption-attachment-102905\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102905\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/rott2-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/rott2-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/rott2-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102905\" class=\"wp-caption-text\">Jurgens die pragtige rottweilerreun wat laasnag in Spioenkopstraat (Dennesig) vergiftig is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u2019n Teelepel vol van die korrelrige gif kan \u2019n renoster doodmaak en \u2019n tiende daarvan \u2019n man van 80kg laat sterf.<\/p>\n<p>Hy het gemeld dat, buiten die 1 000 honde wat per jaar vrek weens Temik vergiftigings, daar sowat 100 mense ook aan Alidcarb-vermengings (wat in Temik ook voorkom) doodgaan.<br \/>\nBayer CropScience het in 2011 opgehou om Temik te vervaardig en alle voorraad was teen einde November uitverkoop.<\/p>\n<p>In Mei 2012 is die registrasie van Temik teruggetrek. Temik is hoofsaaklik gebruik met plaagbeheer vir aartappelboere, maar is gereguleer. Slegs geregistreerde plaagbeheermaatskappye kon dit bekom en boere moes spesiale opleiding kry om met di\u00e9 gif te werk.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/101333\/vyf-honde-laasnag-vergiftig\/\" target=\"_blank\">Vyf honde in een nag vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Dr. Verdoorn het in Julie 2010 \u2019n verslag aan die sekretaris van die Polisie voorgel\u00ea, waarin hy die gevare van Temik, en veral Aldicarb (die formulasie wat in Temik voorkom), verduidelik.<\/p>\n<p>Die meeste van die korrelrige gif wat deesdae gebruik word met die vergiftiging van honde, is Aldicarb-formulasies en nie noodwendig Temik nie. Alle Aldicarb-formulasies is egter ewe dodelik &#8211; \u201c10 keer meer dodelik as strignien!\u201d (Strignien staan bekend as wolwegif).<\/p>\n<p>Dr. Verdoorn se verslag s\u00ea dat die vergiftiging van diere, hetsy troeteldiere of plaasdiere en selfs wild, alles deel is van \u2019n baie groter misdaadsirkel.<br \/>\nDie gebruik van Temik en ander Aldicarb-formulasies is onwettig vir landbougebruik, maar daar is steeds nie wetgewing daaroor nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/100524\/vier-honde-laasnag-vergiftig-misdaad-neem-toe\/\" target=\"_blank\">Vier honde in groenkol vergiftig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hierdie Aldicarb formulasies word van oral af die land ingesmokkel en is maklik by smouse, soos in Middelburg by taxistaanplekke, beskikbaar. \u201cDie hele misdaadsindikaat begin wanneer die dier die gif ingekry het. Daarna het die misdadigers makliker toegang tot die eiendom en volg inbrake, kardiefstalle, moorde en verkragtings!\u201d het dr. Verdoorn ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die middel is dodelik en vinnigwerkend. \u2019n Persoon wat Aldicarb inkry kan in onder \u2019n uur sterf. \u201cBaie mense pleeg met Aldicarb formulasies selfmoord.\u201d<\/p>\n<p>Hy het destyds vertel van drie voorvalle waar jong kinders onder agt jaar Aldicarb ingekry het nadat hulle gif wat versteek was in vleis vir honde, ge\u00ebet het. Twee van die drie kinders het gesterf. \u2019n Klein hondjie wat \u2019n groot dosis Aldicarb inkry kan binne vyf minute vrek en \u2019n groot hond binne 12 minute.<\/p>\n<p>Dr. Verdoorn veg al lank vir wetgewing. Hy het in 2014 ges\u00ea dat hy weet van een persoon in Heildelberg wat \u2019n opgeskorte vonnis opgel\u00ea is. Dit was egter net omdat hy die Aldicarb-formulasie verkoop.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee pragtige rottweilers is laasnag in Spioenkopstraat vergiftig.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":102904,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,17749,1696,10450,10366,21216,21215,21219,21217,21218,21214],"class_list":["post-102903","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-honde-in-dennesig-vergiftig","tag-honde-vergiftig","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-rottweilers-in-dennesig-vergiftig","tag-temik-gebruik-om-honde-te-vergiftig","tag-temik-is-onwettig","tag-temik-op-straat-verkoop","tag-temik-op-swartmark-te-koop","tag-vergiftiging-van-honde-op-middelburg"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","honde in dennesig vergiftig","Honde Vergiftig","middelburg nuus","plaaslike nuus","rottweilers in Dennesig vergiftig","temik gebruik om honde te vergiftig","temik is onwettig","temik op straat verkoop","temik op swartmark te koop","vergiftiging van honde op middelburg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102903","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=102903"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102903\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/102904"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=102903"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=102903"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=102903"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}