{"id":102851,"date":"2019-10-04T11:42:43","date_gmt":"2019-10-04T09:42:43","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=102851"},"modified":"2019-10-07T09:35:53","modified_gmt":"2019-10-07T07:35:53","slug":"video-veertienjarige-vertel-self-hoe-hy-tienjarige-van-waterdood-gered-het","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/10\/04\/video-veertienjarige-vertel-self-hoe-hy-tienjarige-van-waterdood-gered-het\/","title":{"rendered":"VIDEO: Veertienjarige vertel self hoe hy tienjarige van waterdood gered het"},"content":{"rendered":"<p>Die Nasionale Seereddings Instituut het laat weet dat hulle vir hom \u2019n toekenning wil oorhandig. Vanoggend het die Nasionale Landsdiensorganisasie laat weet dat hy ook die hoogste toekenning Desembermaand sal ontvang tydens die nasionale kamp in Pretoria.<\/p>\n<p>Reghard s\u00ea hy het by verlede jaar by die Nasionale Landsdienskamp, waar hy ook sy Junior Springbokkleure ontvang het, geleer hoe om KPR (Kardiopulmon\u00eare resussitasie) te doen. \u201cEk het net toegepas wat hulle vir my geleer het,\u201d vertel hy, terwyl hy soos \u2019n tipiese tiener met die kussing op sy skoot speel.<\/p>\n<p>Di\u00e9 jong held van Middelburg het sy verhaal vertel.<\/p>\n<figure id=\"attachment_102854\" aria-describedby=\"caption-attachment-102854\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102854\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/reghard4-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard4-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard4-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102854\" class=\"wp-caption-text\">Paramedici op die toneel besig met dr. Heike Geduld (donker hare) wat die dogtertjie se kop vashou. Sy het by Reghard oorgeneem nadat hy die kind se lewe met KPR gered het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Vorster familie was verlede week in Melkbosstrand waar Reghard aan die nasionale trampolienkampioenskappe deelgeneem \u00e9n boonop sy afdeling gewen het.<br \/>\nHulle was Saterdag besig om op te pak by die Oukip Karavaanpark en Reghard het besluit om gou nog \u2019n rukkie by die swembaddens te gaan baljaar.<\/p>\n<p>Reghard het \u2019n dogtertjie in die swembad opgemerk wat met haar handjies teen die kant beweeg het.<\/p>\n<p>Hy het so rukkie in die groot swembad gespeel en het daarna na die kleiner swembad gegaan, want hy het gedink die water sal warmer wees.<\/p>\n<p>Met sy terugkeer na die groot swembad, omstreeks 16:30, het hy gesien dat die dogtertjie aan die diepkant, waar dit twee meter diep is, op die bodem l\u00ea.<br \/>\nHy het vir \u2019n breukdeel van \u2019n sekonde gedink dat sy dalk net \u2019n speletjie speel, maar gesien sy l\u00ea stil en het ingespring.<\/p>\n<figure id=\"attachment_102853\" aria-describedby=\"caption-attachment-102853\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102853\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/reghard3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102853\" class=\"wp-caption-text\">Reghard afgeneem pas nadat hy die dogtertjie in die hande van noodpersoneel oorgegee het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Reghard het haar tot by die staaltrappies getrek, waar hy homself met sy een been geanker en haar oor die rand getrek het.<br \/>\nHy het gesien dat sy nie asemhaal nie en met KPR begin. Hy het aangehou tot sy twee keer water opgebring en hy gesien het daar is \u2019n asemhaling.<\/p>\n<p>Die dogter se broer het intussen opgedaag en hy het vir hom ges\u00ea om te gaan hulp soek.<\/p>\n<p>\u2019n Vrou, wat op \u2019n balkon bokant die swembad gestaan het, het vroe\u00ebr gestaan en kyk hoe Reghard in die water baljaar en ook die dogtertjie in die swembad opgemerk. Sy was \u2019n klein rukkie in die kamer in en met haar terugkeer het sy gesien hoe die seun besig is met KPR.<\/p>\n<p>Sy het gehardloop om te gaan hulp kry en aanmekaar gegil: \u201croep dr. Heike!\u201d<\/p>\n<p>Dr. Heike Geduld is die hoof van die mediese afdeling van die Stellenbosch Universiteit en het \u2019n troue, wat reg langs die swembaddens in \u2019n tent gehou is, bygewoon. Sy was na die troue reeds besig om in haar voertuig te klim, toe mense haar kom haal om te gaan hulp verleen langs die swembad.<\/p>\n<p>Sy het by Reghard oorgeneem en die dogtertjie begin warm maak. Daar het ook ander gekwalifiseerde mediese personeel, waaronder \u2019n hospitaalsuster, kom help. Almal was gaste by die troue.<br \/>\n\u2019n Van diens af lid van die Nasionale Seereddingsinstituut, me. Natasha Kriel, het ook hulp verleen.<\/p>\n<p>\u201cDit het lank geneem voordat die kind reageer het,\u201d vertel Reghard se ma, Brenda.<\/p>\n<p>Sy het haar ook na die swembaddens gehaas nadat \u2019n kind op Reghard se versoek gevra het dat hulle moet kom. Die seun se boodskap was dat iemand net geval het en hulle het gedink dit is \u2019n trouganger.<\/p>\n<figure id=\"attachment_102852\" aria-describedby=\"caption-attachment-102852\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102852\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/reghard5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/reghard5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102852\" class=\"wp-caption-text\">Reghard saam met sy trotse ouers, Andr\u00e9 en Brenda Vorster.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Hul ander seun het egter gaan ondersoek instel en vir hulle kom s\u00ea dat Reghard KPR op \u2019n dogtertjie gedoen het.<\/p>\n<p>Me. Vorster, wat self 10 jaar verpleeg het, is na die swembad, waar daar gelukkig op daardie stadium genoeg hulp op die toneel was.<\/p>\n<p>Sy vertel dat hulle weens die dogtertjie se toestand, op \u2019n stadium besluit om haar self hospitaal toe te neem en het hulle \u2019n voertuig ingerig. Op hierdie tydstip het die paramedici opgedaag en die kind na die West Fleur Hospitaal in Atlantis afgevoer.<\/p>\n<p>\u201cDie kind se ma het my daar langs die swembad gedruk en dankie ges\u00ea dat Reghard die dogtertjie se lewe gered het.\u201d<\/p>\n<p>Hulle het intussen verneem dat die dogtertjie die volgende oggend ontslaan is. \u201cSy het niks oorgehou nie.\u201d<\/p>\n<p>Reghard se pa, Andr\u00e9, s\u00ea dat aldrie sy seuns al op driejarige ouderdom deur hul oupa, Giel Ellis, geleer is om te swem. Hulle was baie dankbaar toe die kinders tydens verlede jaar se nasionale landsdienskamp geleer is om KPR te doen.<\/p>\n<p>\u201cOns sou graag met die dogtertjie se familie in kontak wil kom, maar ons kon nie \u2019n nommer in die hande kry nie. Daar langs die swembad was die kind se welstand baie belangriker as om te vra vir name en ander inligting.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Reghard doen tuisonderrig weens sy besige program as \u2019n Tuks Trampoliener.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/Hr2kZS34UXc' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Reghard Vorster (14) besef nog nie hoe \u2019n groot held hy is nie, hy het net outomaties gedoen wat hy geleer is om \u2019n tienjarige dogtertjie se lewe te red.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":102855,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[21194,10367,10450,21190,10366,21191,21193,21192,21195],"class_list":["post-102851","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-14-jarige-seun-red-meise-uit-swembad","tag-betroubare-nuus","tag-middelburg-nuus","tag-middelburg-seun-red-meisie-van-waterdood","tag-plaaslike-nuus","tag-reghard-vorster","tag-reghard-vorster-die-held","tag-reghard-vorster-middelburg-held","tag-seun-red-meisie-na-verdrinking"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["14 jarige seun red meise uit swembad","betroubare nuus","middelburg nuus","middelburg seun red meisie van waterdood","plaaslike nuus","reghard vorster","Reghard Vorster die held","reghard vorster middelburg held","seun red meisie na verdrinking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102851","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=102851"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102851\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/102855"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=102851"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=102851"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=102851"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}