{"id":102665,"date":"2019-10-01T12:39:02","date_gmt":"2019-10-01T10:39:02","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=102665"},"modified":"2019-10-02T13:35:50","modified_gmt":"2019-10-02T11:35:50","slug":"oud-middelburger-doodgery-mbombela","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/10\/01\/oud-middelburger-doodgery-mbombela\/","title":{"rendered":"Oud-Middelburger doodgery in Mbombela"},"content":{"rendered":"<p>Haar suster, Lizel Boshoff, het van die nag se gebeure vertel.<\/p>\n<p>Eben en Letisia bly op die perseel by die familiebesigheid, Quality Sandblasting &amp; Construction, en het saam met vriende Saterdagaand gebraai.<\/p>\n<p>Kort na 22:00 het Eben, Letisia en \u2019n vriend besluit om \u2019n draai te gaan maak by die nuwe kuierplek, Mustangs, wat naby hul besigheid oopgemaak het. Hulle het sommer daarheen gestap.<br \/>\nHulle het twee drankies gedrink en omstreeks 23:15 begin terugstap, waar hulle \u2019n voertuig gesien het, wat toldraaie op die pad gemaak het.<\/p>\n<p>\u201cEben en Letisia het hand aan hand gestap en Eben het opgemerk dat di\u00e9 ou seker kwaad is vir iemand.\u201d<br \/>\nDie volgende oomblik het die voertuig buite beheer geraak en op hulle afgepyl.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<figure id=\"attachment_102671\" aria-describedby=\"caption-attachment-102671\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102671\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/letisia3-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia3-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia3-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102671\" class=\"wp-caption-text\">Die foto van Letisia Niemann wat oral op sosiale media gebruik is, terwyl daar na die persoon gesoek is wat haar dood veroorsaak het, nadat hy haar raakgery het.<\/figcaption><\/figure>\n<p>\u201cEben het probeer om Letisia weg te ruk, maar die voertuig het haar getref en sy is bo-oor die voertuig geslinger. Eben het ook geval. Die bestuurder het daarna sy voertuig in trurat gesit en bo-oor my sussie gery. Hy het daarna weggejaag.\u201d<\/p>\n<p>Me. Niemann is per ambulans na die Kiaat Privaat Hospitaal geneem, waar sy Sondag in die vroe\u00eb oggendure (01:30) gesterf het.<\/p>\n<p>\u201cEk het die volgende dag die sak gekry waarin haar klere was en gesien daar is net een skoen. Ek is self na die toneel waar ek haar ander skoen gaan haal het,\u201d s\u00ea me. Boshoff.<\/p>\n<p>Sondag is daar op sosiale media gevra vir inligting wat kan lei tot die arrestasie van die persoon wat haar raakgery het.<\/p>\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-102669\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/letisia6-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia6-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia6-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/p>\n<p>Hy het homself Maandag oorgegee en volgens die Mbombela polisiewoordvoerder, kapt. Zandile Gqawa, sal hy more (Woensdag) in die hof verskyn. Klagtes van onder andere versuim om op \u2019n ongelukstoneel te stop, versuim om \u2019n ongeluk aan te meld en strafbare manslag, word ondersoek.<\/p>\n<p>\u2022Die begrafnis is Vrydag om 14:00 uit die NG Suid Kerk op Middelburg.<\/p>\n<p>\u2022Me. Boshoff het ges\u00ea dat haar suster in Middelburg begrawe word, omdat al hul voorgeslagte, die De Jager familie, van Middelburg afkomstig was.<\/p>\n<p>\u201cOp ons oupagrootjie, Lodewyk de Jager, se plaas, is Middelburg gestig.\u201d Die NG Kerk van Lydenburg het op 28 Januarie 1864 die plaas Sterkfontein van Lodewyk de Jager gekoop om \u2019n kerksentrum te stig. Vandaar is Middelburg ontwikkel.<\/p>\n<p>Me. Boshoff vertel trots dat sy en haar sussie grootgeword het op Middelburg. Hulle het \u2019n plaas op Doornkop gehad en sy onthou hoe hulle kleilat gespeel het.<\/p>\n<p>Hulle het ook in Elandstraat (Kanonkop) gebly, vanwaar hulle beide eers Kleuterskool Soetdorings toe is, daarna Laerskool Kanonkop en Letisia later Ho\u00ebrskool Kanonkop toe is. \u201cLetisia was die eerste dogter wat \u2019n tegniese rigting aan Ho\u00ebrskool Kanonkop gevolg het.\u201d<\/p>\n<figure id=\"attachment_102667\" aria-describedby=\"caption-attachment-102667\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-102667\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2019\/10\/letisia5-Copy-520x400.jpg\" alt=\"\" width=\"520\" height=\"400\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia5-Copy-520x400.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2019\/10\/letisia5-Copy-300x231.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-102667\" class=\"wp-caption-text\">Eben en Letisia Niemann op hul troudag.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Lizel is na Ho\u00ebrskool Middelburg, waar haar oupa, Andries de Jager, en haar ma Marie Human (nooiensvan De Jager) ook in die skool was.<\/p>\n<p>Me. Boshoff en haar ouers is 11 jaar gelede uit Middelburg, maar Letisia en haar man het nog vir jare hier gebly. Me. Niemann het by onder andere TWR gewerk.<\/p>\n<p>Hul ouers, wat nou op \u2019n plaas buite Waterval Boven bly, het vier jaar gelede vir Letisia en Eben gevra om die bestuur van die besigheid in Mbombela oor te neem en het die egpaar van Middelburg na Mbombela verhuis.<\/p>\n<p>Me. Boshoff onthou hoe kunstig haar suster was. Buiten die spesiale sandblaas-werk wat sy gedoen het, het sy ook daarvan gehou om artikels te maak, soos die spesiale voetstoeltjie uit toue en \u2019n buiteband.<\/p>\n<p>\u201cLetisia het nog verlede naweek tydens die Human familiefees op Roedtan vir almal glase gegee, waarop sy met sandblasting \u2018Human-fees\u2019 geskryf het. Die Dinsdag het ons almal gestop op Groblersdal by my tannie, vanwaar ons uiteen is. Min het ek geweet dit sou die laaste keer wees wat ek my suster gesien het.\u201d<\/p>\n<p>Me. Boshoff s\u00ea daar het al talle mense by die besigheid opgedaag om hul simpatie met die familie te betuig.<\/p>\n<p>\u201cLetisia was duidelik geliefd,\u201d s\u00ea sy hartseer. \u2019n Onthou-laggie breek deur as sy haar suster beskryf. \u201cLetisia was \u2019n regte\u00a0<i>party-animal<\/i>. Sy was lief daarvoor om saam met almal te kuier. Sy het die lewe voluit geniet. Sy was \u2019n regte mense-mens.\u201d<\/p>\n<p>Sy onthou ook hoe opgewonde haar suster was dat die werk aan haar voertuig voltooi moes word, sodat sy en haar man kon gaan toer.<\/p>\n<p>Me. Niemann en haar man was 20 jaar saam, waarvan hulle die laaste 10 jaar getroud was. Hulle het op 25 September hul 10de huweliksherdenking gevier.<\/p>\n<p>\u2022Sy word oorleef deur haar man, Eben, ouers Pieter en Marie Human, suster, Lizel en swaer, Gerhard.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Welbekende oud-Middelburger, Letisia Niemann (38), is Sondag in die vroe\u00eb oggendure oorlede, nadat sy Saterdagaand raakgery is naby die Mustangs kuierplek in Mbombela.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":102666,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,21102,21101,21106,21105,21103,10450,21104,10366],"class_list":["post-102665","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-letisia-human","tag-letisia-niemann","tag-letisia-niemann-begrafnis","tag-letitia-niemann-ongeluk","tag-litisia-niemann-dood-gery","tag-middelburg-nuus","tag-oud-middelburger-in-mbombela-dood-gery","tag-plaaslike-nuus"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","Letisia Human","letisia niemann","letisia niemann begrafnis","letitia niemann ongeluk","litisia niemann dood gery","middelburg nuus","oud-middelburger in Mbombela dood gery","plaaslike nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102665","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=102665"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/102665\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/102666"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=102665"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=102665"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=102665"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}