{"id":10212,"date":"2014-05-09T00:00:00","date_gmt":"2014-05-08T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/10212\/flop100\/"},"modified":"2014-05-09T10:35:46","modified_gmt":"2014-05-09T08:35:46","slug":"flop100","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/05\/09\/flop100\/","title":{"rendered":""},"content":{"rendered":"<p>\u2022En wie was Saterdag die beste baljagters? Francois Hougaard en Jan Serfontein! En hoeveel balle het Joenou gewen? Zero? Hoeveel strafskoppe het hy afgestaan? Twee! Nee wat, kies Hougat eerder op flank.<\/p>\n<p>\u2022En die oranje vlae het Saterdag op elke denkbare paal waar \u2019n hond kan been lig gewapper. Nee, toe nie Tjieta vlae nie, een of ander bisarre politieke party se vlag. (Geen wonder jy sien geen hond meer been lig op hierdie dorp nie, nie met al daai politieke vlae en plakkate op hulle gunsteling paal nie. \u2019n Hond het ook mos sy trots?).<\/p>\n<p>\u2022Stormers rugby staan op stewige fondamente: Hulle hou die ander spanne almal bo.<\/p>\n<p>\u2022Nou wat nou Neil? Van Powell na Power. Die Blitsige Bokke het binne twee toernooie verander na Boerbokke. Kan ons met al ons ho\u00ebrprestasie sentrums en al ons talentvolle rugbyspelers nie een jaar net die All Black blitse uit die eerste plek hou nie? (Wat is die suksesvolste sentrum in die land? Die arrestasiesentrum).<\/p>\n<p>\u2022Die ANC kon nog in die swaargewig afdeling boks toe president Nelson Mandela gelewe het &#8211; hy was \u2019n bokser van formaat. Lyk nie of President Zuma kan boks nie, alhoewel die paar danspassies hom dalk vir een rondte uit die moeilikheid sal hou. Julius Malema, nee wat, kan as slaansak gebruik word met daai ronde wange. Die politikus met die boksvernuf deesdae is die DA se Mmusi Maimane wat selfs sy eie boksafrigter het.<\/p>\n<p>\u2022ABelievable! Selfs Dale Steyn kon Sondag maar net hande klap toe AB die sesse teen hom ingeryg het. Go Bangalore!<\/p>\n<p>\u2022Hier hol \u2019n ou en daar hol \u2019n ou, hulle hol die hele w\u00eareld vol! Midack het Donderdag sy wedlope aangebied terwyl Middelburg Marathonklub se atlete na Loskop afgesit het tydens die post Loskop.<\/p>\n<p>\u2022Moenie dink jy gaan vir ons dorpie se verkeershof weghol as sy jou betrap aanjaag nie. Pamela Mkosi het so stil-stil haar eerste Loskop Marathon voltooi.<\/p>\n<p>\u2022Ho\u00ebr, verder, vinniger. Die uitdagings al groter en die prysgeld al meer. Trail Runs is deesdae mos die in-ding. Nege ure tyd om 24 kilometer bergop te draf en die inskrywingsgeld maar net R950.<\/p>\n<p>\u2022Slaak bobj\u00e1n en al die anner katte \u2019n sug van verligting. Sou darem kattestrofies gewees het as Kranspoort se gholfbaan platgestoot moes word. Maar nou word hy behou en bobj\u00e1n kan, as hy verveeld is, help balle soek tussen die doringbome.<\/p>\n<p>\u2022Hoe s\u00ea meneer nou? Is dit alweer Classic Clash? Ons het dan nou die dag gespeel!<\/p>\n<p>\u2022Ag nee ouens, ken julle nou wraggies geen ander liedjie nie? Middies se eerste seuns hokkiespan: Koos wat is jou gunsteling liedjie? Bok van Blerk se 68 Chevy Oom, Piet? Bok Oom! Gert? 68 Chevvy Oom! Gene Hlatshwayo? Bok! Regtig?<\/p>\n<p>\u2022Wat is die heel belangrikste komitee op hierdie dorp? Die LOC! El Ou Cee! Nie die Laagl\u00eaende Ondeunde Companje nie. Dis die Local Organising Committee. Belangrike komitee daai. Nie hier kommie tee nie, hier kom die Cravenweek en hulle moet re\u00ebl en organiseer.<\/p>\n<p>\u2022Darem een Pretoria span wat bekers wen. Miskien moet die Bulls by Mamelodi Sundowns gaan leer. Of miskien moet Ludeke by Piets Ou gaan leer?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Blou geween en gekners van tanne om die span wat laaste op die punteleer is te klop. (En julle wat nie tanne het nie ons sal vir julle issue vir Saterdag se wedstryd teen die Visvoete).<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":9769,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van der Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[508],"tags":[6],"class_list":["post-10212","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-choice","tag-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Special categories","SubCategory":"Editor's choice"},"tag_labels":["Opinion"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10212","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10212"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10212\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/9769"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}