{"id":101834,"date":"2019-09-13T16:00:10","date_gmt":"2019-09-13T14:00:10","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=101834"},"modified":"2019-09-16T12:20:22","modified_gmt":"2019-09-16T10:20:22","slug":"lugtydboef-se-hamburgers-vir-kinders-gegee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/09\/13\/lugtydboef-se-hamburgers-vir-kinders-gegee\/","title":{"rendered":"Lugtydboef se hamburgers vir kinders gegee"},"content":{"rendered":"<p><b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het die nommer wat Donderdag gebruik is gebel, waarop eers \u2019n ouerige man geantwoord het. Die opvangs was swak en toe ons \u2019n tweede keer bel en vra vir Jaco, het \u2019n ander, jonger persoon, geantwoord en ges\u00ea sy naam is \u201cRiaan\u201d.<\/p>\n<p>Hy het beweer dat hy \u2019n simkaartruiling die vorige aand gedoen het en dat hy nie \u201cweet waaroor alles gaan nie en hy weet nie wie is Jaco nie.\u201d Hy het ook ges\u00ea hy is van Pretoria.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/86624\/luister-talle-geteiken-deur-lugtyddief\/\" target=\"_blank\">LUISTER &#8211; talle geteiken deur lugtyddief<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Dreyfus van Heerden was die eerste wat vir die lugtydboef se \u201cslim stories\u201d geval het.<\/p>\n<p>Hy is \u2019n verkoopsman by Sign A Rama en s\u00ea \u2019n man, wat homself Christiaan genoem het, het hom Woensdag gebel en gevra hy moet vir hom werk op \u2019n plaas op die Hendrinapad kom doen.<\/p>\n<p>Mnr. Van Heerden was al op pad soontoe, toe die man bel en vra dat hy vir hom lugtyd koop, want hy wil nie dorp toe ry, terwyl hy vir mnr. Van Heerden wag nie.<\/p>\n<p>Mnr. Van Heerden moes twee Vodacom kaarte van R275 en ook een van R110 koop en dit vir \u201cChristiaan\u201d stuur, wat dit kwansuis dringend nodig gehad het.<\/p>\n<p>Nodeloos om te s\u00ea, kon hy nie vir \u201cChristiaan\u201d opspoor nie.<\/p>\n<p>\u2022Donderdag het \u2019n ene \u201cJaco\u201d toegeslaan op die personeel by Gino\u2019s Hamburgers &amp; Take Aways.<\/p>\n<p>Mnr. Jamie Wilcox s\u00ea in hulle geval was die lugtydboef baie uitgeslape.<\/p>\n<p>Hy het gebel en ges\u00ea hy is een van hul gereelde kli\u00ebnte se man. Hy het selfs die vrou se naam genoem. Hulle het nie onraad vermoed nie en die 12 hamburgers begin maak wat \u201cJaco\u201d bestel het.<\/p>\n<p>Kort daarna het \u201cJaco\u201d egter \u2019n WhatsApp gestuur en gevra of hy sy bestelling kan vergroot na 15 hamburgers en ook vir \u2019n guns gevra.<\/p>\n<p>Hy het weer gebel en gevra vir lugtyd, wat hy sal betaal wanneer hy die hamburgers oplaai.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/13776\/gawe-oom-lekker-skelm\/\" target=\"_blank\">Gawe oom lekker skelm<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Mnr. Wilcox s\u00ea hy het eers vir twee R275 Vodacom lugtydkaarte gevra en daarna vir nog twee R55 kaarte.<\/p>\n<p>Hy het dit gaan koop, waarop \u201cJaco\u201d gevra het dat hy die strokies moet afneem en vir hom stuur. Hy het selfs ges\u00ea hulle moet die strokies hou, want hy wil dit kom betaal.<br \/>\n\u201cJaco\u201d het natuurlik nooit opgedaag nie en die hamburgers is geskenk aan laerskoolkinders.<\/p>\n<p>\u2022Beide mnre. Van Heerden en Wilcox s\u00ea daar was \u2019n WhatsApp profielfoto op die nommers wat hul gebel het, maar hulle vermoed die persoon laai die profielfoto\u2019s van Facebook af.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85765\/pasop-vir-die-man-wat-lugtyd-en-grandpa-poeiers-soek\/\" target=\"_blank\">Pasop vir man wat lugtyd en Grandpa poeiers soek<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Talle inwoners van Middelburg en ook buurdorpe was al die slagoffers van die lugtydslenter.<\/p>\n<p>Hy doen hom gewoonlik voor as \u2019n <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/13776\/gawe-oom-lekker-skelm\/\" target=\"_blank\">vriendelike \u201coom\u201d<\/a>.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/79834\/grandpa-boef-steeds-bedrywig\/\" target=\"_blank\">Grandpaboef steeds bedrywig<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die boef het selfs al gevra dat \u2019n lid van die Middelburg herpetologiese vereniging na sy plaas moet kom om \u2019n mamba te vang, wat sy skape kwansuis doodpik. In hierdie geval het die persoon hom egter in sy peetjie gestuur toe hy begin praat van lugtyd.<\/p>\n<p>Verlede jaar het hy soms vir sy slagoffers gevra dat die persone <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/85765\/pasop-vir-die-man-wat-lugtyd-en-grandpa-poeiers-soek\/\" target=\"_blank\">vir hom Grandpa-pynpoeiers moet saambring<\/a>.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/100581\/jou-lugtyd-help-n-tronkvoel-dwelms-koop\/\" target=\"_blank\">Jou lugtyd help \u2019n tronkvo\u00ebl dwelms koop<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022<strong>w<\/strong><b>ww.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het onlangs met mnr. Ben Almero, van National Crime Assist (NCA), gepraat, wat na die soveelste slagoffer, begin speurwerk doen het.<\/p>\n<p>Hy het die skuldige se spoor tot in die Bethal tronk gevolg.<\/p>\n<p>Mnr. Almero het die man by gevangenisdienste aangemeld. Die man is na \u2019n ander tronk verplaas, sodat hy nie meer kontak met sy makkers het nie. Mnr. Almero het ges\u00ea dat dit egter nie die enigste gevangene is wat met die slenter besig is nie.<\/p>\n<p>Hulle het onlangs nog \u2019n persoon uitgevang wat in die tronk sit.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat dit wil voorkom of die slenter deur gevangenes onder mekaar aangeleer word. Skuldiges wat uitgevang word, word wel aangekla, maar daar is dikwels reeds iemand wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is.<\/p>\n<p>Dit blyk ook dat gevangenes soms hulp van buite het om teikens te identifiseer. Met ander tye infiltreer hulle Facebook of WhatsApp groepe en identifiseer so teikens.<\/p>\n<p>Die lugtyd wat deur die slenter bekom word, word weer as middel om handel te dryf gebruik om vir goedere soos geld, sigarette of dwelms te ruil.<\/p>\n<p>Mnr. Almero het ges\u00ea dat solank as wat mense na\u00efef is en stories \u201cwat te goed is om waar te wees\u201d glo, sal die slenter nooit ophou nie.<\/p>\n<p>\u201cAs iemand jou uit die bloute bel, met \u2019n goeie storie en vra vir lugtyd, moet jy weet hier is iets verkeerd. Hou op om vir hulle lugtyd te koop en dan sal hulle ophou met die\u00a0<i>scam,\u00a0<\/i>want hulle sal sien dit werk nie meer nie,\u201d s\u00ea mnr. Almero.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tw\u00e9\u00e9 besighede het die afgelope week onder die lugtydboef deurgeloop en is honderde rande kwyt.<\/p>\n","protected":false},"author":5031,"featured_media":47084,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e8","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-101834","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101834","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/5031"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=101834"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101834\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/47084"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=101834"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=101834"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=101834"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}