{"id":101540,"date":"2019-09-09T16:00:56","date_gmt":"2019-09-09T14:00:56","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=101540"},"modified":"2019-09-10T08:49:53","modified_gmt":"2019-09-10T06:49:53","slug":"wie-pieter-de-wet-viljoen-van-rensburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/09\/09\/wie-pieter-de-wet-viljoen-van-rensburg\/","title":{"rendered":"Wie is Pieter de Wet, Viljoen, Van Rensburg?"},"content":{"rendered":"<p>In Middelburg noem hy homself soms Pieter de Wet, eintlik \u201cnet Pieter\u201d, in Wellington het hy onder Van Rensburg artikels verpand, maar eintlik is hy net Pieter Viljoen!<\/p>\n<p>Boonop was hy al verhoorafwagtend (11 maande) in die tronk vir bedrogklagtes en het sy eksvriendin \u2019n beskermingsbevel gekry na beweerde aanranding.<br \/>\nEn as hy uitgevang word, dan gee hy sy \u201cpersoonlike probleme\u201d die skuld en vertel ellelange verhale om te wys dat hy eintlik die slagoffer is.<\/p>\n<p>Maar Viljoen moes gew\u00e9\u00e9t het die dag toe hy na Bethesda, \u2019n huis vir gestremdes op Middelburg, gestap het, dat hy beslis nie die fondse wat hy beloof het, sal kan gee nie.<br \/>\nHy kon dan nie eers sy huurgeld waar hy bly betaal nie. Maar in dieselfde tyd wat hy fondse ingesamel het vir Bethesda, kon hy skielik sy huurgeld betaal?<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Bethesda, Huis van Hoop se aantygings teen Viljoen<\/b><\/p>\n<p>\u2022Mnr. Shane du Preez (hoof, Bethesda) s\u00ea \u201cPieter\u201d (hy het nooit sy van gegee nie) het by hulle aangestap gekom en dadelik begin vertel van \u201cAngels Anonymous\u201d en die wonderlike projekte wat hulle vir ander organisasies doen.<\/p>\n<p>\u201cHy het \u2019n paar keer teruggekom en selfs gevra vir \u2019n brief dat hy die projek namens ons doen, maar ek het ges\u00ea, nee, ons vra nie vir geld nie. Dit is Angels Anonymous wat dit mos aanbied.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Du Preez s\u00ea Pieter het die partytjie vir Februariemaand gere\u00ebl en selfs aangebied om tafeldoeke, koffie en eetgoed te bring. Mnr. Du Preez het egter ges\u00ea dat hulle die koffie sal voorsien en Viljoen sou die eetgoed voorsien.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/75104\/belfast-boef-landwyd-gesoek\/\" target=\"_blank\">&#8216;Belfast Boef&#8217; landwyd gesoek<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Viljoen het later uitgebrei oor hoeveel donateurs na die partytjie gaan kom.<\/p>\n<p>Die aand met die geselligheid het alles goed verloop. Talle donateurs het wel opgedaag en daar was meer as genoeg eetgoed.<br \/>\nKort daarna het hulle besef iets is fout. Bethesda het \u2019n R1 000 inbetaling gekry en kort daarna R500.<\/p>\n<p>Daarna niks meer van die beloofde R8 000 nie.<\/p>\n<p>Toe mnr. Du Preez begin navraag doen, het hy besef dat Viljoen hulle om die bos gelei het.<\/p>\n<p>\u2022Talle donateurs het bevestig dat hulle oorbetalings aan Viljoen gedoen het en selfs die aand kontant aan Viljoen betaal het.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Spysenieringsvroue vertel hul verhaal<\/b><\/p>\n<p>\u2022Me. Celia Burger en haar dogter, Charlene, het die spyseniering gedoen vir die funksie.<\/p>\n<p>Viljoen het hulle vir vier maande beloof dat die R2 000 vir die spyseniering gaan betaal, maar daar het niks van gekom nie.<br \/>\nNadat Bethesda verneem het dat hulle nie betaal is nie, het hulle dadelik die R2 000 vir hulle oorbetaal vir hul dienste.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Meubels gekoop sonder om te betaal<\/b><\/p>\n<p>\u2022Een van die ander donateurs, me. Carina Barnard (van Best Pine Furniture) s\u00ea sy het vanaf verlede jaar \u201cAngels Anonymous\u201d se projekte ondersteun.<\/p>\n<p>Buiten koopbewyse vir armes, was Viljoen s\u00f3 seepglad, dat sy selfs R19 900 se meubels aan hom verkoop het, wat hy kwansuis binne vier maande sou betaal. Daarvan het niks gekom nie.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Maak Jeep vol en leen vir hom geld<\/b><\/p>\n<p>\u2022Mnr. Justin van Rooyen het Viljoen in Kanonkop leer ken toe hy hom eendag voorgekeer het langs die pad.<\/p>\n<p>Mnr. Van Rooyen het in sy Audi TTRS gery en Viljoen het ges\u00ea dat \u2019n meisie met kanker graag in die voertuig sal wil ry.<br \/>\nAlles is gere\u00ebl en die meisie het wel \u2019n geleentheid in die voertuig gekry.<\/p>\n<p>Daarna het Viljoen vir geld gevra sodat die meisie vir kankerbehandeling kon gaan.<\/p>\n<p>Mnr. Van Rooyen het ges\u00ea hy sal die voertuig van die gesin volmaak en mnr. Viljoen het opgedaag met \u2019n Jeep (wat kwansuis aan die meisietjie se ouers behoort), wat R900 gekos het om vol te maak.\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het verneem dat Viljoen die Jeep by iemand geleen en daarmee rondgery het.<\/p>\n<p>Dit is nie bevestig of daar ooit met die voertuig Pretoria toe gery is nie.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/42791\/video-pasop-vir-slimpraatjies-in-winkels\/\" target=\"_blank\">Pasop vir slimpraatjies<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Mnr. Van Rooyen het ook R500 vir Viljoen geleen, wat nooit terug gegee is nie.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Vra geld vir Bethesda en myners<\/b><\/p>\n<p>\u2022Me. Denise du Plessis s\u00ea Viljoen was ook by haar om geld in te samel vir Bethesda en het sy vir hom R500 gegee.<\/p>\n<p>By die Bethesda geselligheid het hy ook vir haar gevra vir nog geld in kontant, maar sy het geweier. Later wou hy weer by haar fondse kry vir mynwerkers van Optimum, wat sonder \u2019n inkomste is, maar sy het ges\u00ea hy moet haar nie weer pla nie.<\/p>\n<p>\u201cEk onthou dat hy ges\u00ea het dat Carina (van Pine Furniture) \u2018meubels geborg het vir projekte!\u201d<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Drama as huurder<\/b><\/p>\n<p>\u2022In Februarie het Viljoen en \u2019n jong swanger vrou opgedaag by \u2019n gesin (wat anoniem wil bly) in Kanonkop. Hulle het net \u2019n paar sakkies by hulle gehad.<br \/>\nHy het verskonings gemaak dat hulle sukkel en dat sy meisie \u2019n moeilike swangerskap het.<\/p>\n<p>Verder het hy ges\u00ea dat sy meisie uit \u2019n stormagtige verhouding kom, maar dat hy nou na haar omsien.<\/p>\n<p>Hulle het die paartjie jammer gekry en hulle ingeneem. Nadat hy gesukkel het om aanvanklik te betaal, het hy skielik die geld beskikbaar gehad.<br \/>\n\u201cEk wonder of hy nie die Bethesda donateurs se geld gebruik het om ons te betaal nie?\u201d is gevra.<\/p>\n<p>Daarna het hulle elke keer gesukkel om hul huurgeld te kry. \u201cHy het soms \u2019n paar rand inbetaal en dan dieselfde dag dit weer terug geleen. Hy het op een stadium ook ges\u00ea sodra hy van sy \u201cAngels Anonymous geld kry, sal hy dit betaal.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/40189\/verdwyn-nadat-werk-nie-afgehandel-is-nie\/\" target=\"_blank\">Verdwyn nadat werk nie afgehandel is nie<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die gesin het selfs vir Viljoen-hulle meubels, breekware en potte geleen, tot die meubels opgedaag het.<\/p>\n<p>Einde Julie het die paartjie verdwyn en hul meubels, asook ander familie se meubels wat met tyd daar gestoor is, net so agtergelaat.<\/p>\n<p>Hulle het hom gekontak, waarop hy ges\u00ea het hy bly in Bronkhorstspruit en sal sy agterstallige huurgeld stuur en sy huisware kom haal. Tot op hede het hy nog nie sy woord gestand gedoen nie.<\/p>\n<p>\u2022Volgens die gesin het daar al talle mense na hul huis gekom om Viljoen op te skroef vir gelde wat hy hulle skuld of beloftes wat gemaak is.<br \/>\nVerskeie mense het in die tyd wat hy daar gebly het, ook opgedaag met kos en klere wat hulle vir Viljoen se \u201cprojekte\u201d gebring het.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Motorfietsklubs ook kwaad<\/b><\/p>\n<p>\u2022Motorfietsklubs het Viljoen leer ken tydens \u2019n geleentheid by Ho\u00ebrskool Kanonkop waar fondse ingesamel is vir Ho\u00ebrskool Driehoek waar \u2019n brug op kinders geval het.<br \/>\nHulle s\u00ea Viljoen het daar rondgestap en ges\u00ea hy is van \u201cAngels Anonymous\u201d en dat hy besig is om \u2019n meisie wat kanker het se drome waar te maak.<\/p>\n<p>Die groep het fondse ingesamel vir die meisie en hulle weet dat Viljoen die kind Wimpy toe geneem het vir \u2019n ete. \u201cWaar is die res van die R8 000 wat ingesamel is?\u201d wou hulle weet.<\/p>\n<p>\u2022Viljoen het hulle ook gevra om te help met projekte vir \u2019n dogtertjie wat teruggeplaas is in die sorg van haar ma.<br \/>\nVan \u2019n bed tot klerasie is gevra en hulle het dadelik ingespring om te help.<\/p>\n<p>Al die projekte is gedoen onder \u201cAngels Anonymous\u201d se naam en Viljoen het \u2019n video laat maak met foto\u2019s van die motorfietsryers met van die artikels wat geskenk is.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>R5 000 vir \u2019n klanksisteem<\/b><\/p>\n<p>\u2022Nog \u2019n motorfietsryer, mnr. Pierre van der Merwe, s\u00ea Viljoen skuld hulle R5 000 vir \u2019n unieke klanksisteem wat hy vir hulle sou bou.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Selfs op radio vir hulp gevra<\/b><\/p>\n<p>\u2022Viljoen het \u2019n paar maande gelede op \u2019n plaaslike radiostasie oor \u201cAngels Anonymous\u201d gepraat en gevra vir fondse vir die meisie met kanker.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>\u2019n Nuwe van<\/b><\/p>\n<p>\u2022<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0weet dat Viljoen in Wellington artikels gepand het onder die van \u201cVan Rensburg\u201d.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Selfs \u2019n beskermingsbevel<\/b><\/p>\n<p>\u2022Sy vriendin (wie se naam om menslikheidsredes weerhou word) het ook op \u2019n stadium \u2019n beskermingsbevel teen Viljoen gehad.<br \/>\nIn die bevel het sy gekla van fisiese en emosionele mishandeling en dat Viljoen bedrog gepleeg het op haar naam.<\/p>\n<p>\u2022Daar is verneem dat Viljoen en sy meisie wel sowat drie maande gelede \u2019n baba gehad het, maar dat sy hom verlaat het om by familie te gaan bly. Sy wou nie met die koerant praat nie.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Beloftes om skoolfonds te betaal<\/b><\/p>\n<p>Me. Alecia dos Reis, wat finansi\u00eble krisisse beleef het, s\u00ea Viljoen het onderneem om haar kind se skoolfonds te betaal (R2 750), asook R5 000 by te dra vir haar boetie. Daar het niks van gekom nie.<\/p>\n<p>\u201cHy het wel gere\u00ebl dat my dogtertjie Olifants River Lodge toe gaan, maar Olifants het dit self geborg \u00e9n Viljoen is saam.\u201d<br \/>\nSy het ges\u00ea dat hy ook \u2019n maand by hulle in hul huis gebly het en net vir \u2019n week betaal het.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Die \u2018hulp\u2019 by die sopkombuis<\/b><\/p>\n<p>Lindi de Winnaar (Middelburg Sopkombuis) s\u00ea Viljoen wou betrokke raak by hul projek en het ook vleis kom haal vir \u201carmes\u201d.<\/p>\n<p>Hy het vertel sy \u201cvrou se niggie l\u00ea op sterwe\u201d en dat hy haar en haar man R1 500 sou betaal as hy hulle Pretoria toe sou neem. Op pad soontoe het die wiel gebars en is belowe om dit ook reg te maak. Tot nou toe, is niks betaal nie.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Beloftes vir kankerdogter<\/b><\/p>\n<p>Linda Cassell (18) se ma en stiefpa, Sonnette en Leon Viljoen, s\u00ea hy het hulp van R11 000 beloof vir Linda se behandeling vir bloedkanker.<br \/>\nHulle het egter nooit die geld gesien nie.<\/p>\n<p>\u201cHy het wel gere\u00ebl vir ons vir verblyf in Pretoria, maar dit is deur ander mense betaal. Ons moes ook vir ons eie kos betaal.\u201d<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Kaartjies vir prys na Sun City<\/b><\/p>\n<p>\u2022Persone wat kaartjies gekoop het, \u201cten bate van die kankerdogter\u201d, wonder of die wenprys ooit oorhandig is. \u201cDit is tot op \u2019n plaaslike radiostasie geadverteer.\u201d Die wenprys was \u2019n buskaartjie heen en weer na Sun City.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Lang lys klaers vanaf 2013-2016<\/b><\/p>\n<p>\u2022Op die Report A Crime webtuiste (<a href=\"https:\/\/www.reportacrime.co.za\/CrimeReport.aspx?ID=3106\" target=\"_blank\">https:\/\/www.reportacrime.co.za\/CrimeReport.aspx?ID=3106<\/a>) is talle bewerings uit Viljoen se verlede opgediep.<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Viljoen antwoord:<\/b><\/p>\n<p>\u2022<b>De Wet of Viljoen:<\/b>\u00a0Viljoen het sonder om te skroom ges\u00ea dat sy van \u201cDe Wet\u201d is toe hy gebel is vir kommentaar. Toe hy later daaroor gekonfronteer word, het hy ges\u00ea dat hy sy van verander het \u201com my verlede agter my te sit.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>Bethesda:<\/b>\u00a0As verduideliking vir Bethesda se bedrogspul, het hy ges\u00ea dat die donateurs nie hul beloftes nagekom het nie en \u201cdat ek dit sal uitsorteer. Hulle moet net vir my s\u00ea wie het inbetaal. Ek sal \u2019n rapport trek en dit vir julle gee. Dit gebeur soms mos maar dat mense jou\u00a0<i>drop\u00a0<\/i>wat hulle beloof het en van die donateurs het seker nie betaal nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy het erken dat hy kontant by die geselligheid gevat het. \u201cEk het dit in koevertjies gesit sodat ek dit op een slag vir Bethesda kon gee.\u201d<\/p>\n<p>Viljoen wou egter nie s\u00ea wat van di\u00e9 koevertjies geword het nie. \u201cEk is die gesig van \u2018Angels Anonymous\u2019 en ja, dit maak nie saak wat agter die\u00a0<i>scenes<\/i>gebeur het nie. Ek vat verantwoordelikheid daarvoor.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>Meubels<\/b>: Op die beskuldiging dat hy nie die meubels betaal het nie, het hy ges\u00ea dat hy wel \u2019n deposito betaal het, maar erken dat hy nie in die tyd die res betaal het, soos hy onderneem het nie.<\/p>\n<p>\u201cJa, goed het gebeur, Ek wil nie verskoning maak nie, ek het persoonlike probleme gehad.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>As huurder:<\/b>\u00a0Oor sy verblyf het hy beskuldigings gemaak ook oor ooreengekome bedrae wat betaal moes word oor ekstra geisergebruik, maar het wel erken dat hy \u2019n maand agterstallig is op sy huur. \u201cEk sal dit uitsorteer.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>R5 000 vir sisteem:<\/b>\u00a0Hy erken dat daar R5 000 deur \u2019n motorfietsryer aan hom oorbetaal is vir \u2019n \u201cJukebox\u201d en s\u00ea dat hy net die tussenganger was. Iemand anders sou die stelsel bou.<br \/>\n\u201cMaar ja, dit het nie gerealiseer nie en dit is my verantwoordelikheid.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>Kankerdogter:<\/b>\u00a0Viljoen het ook erken dat hy nog R5 000 vir die meisie met die kanker se familie skuld. \u201cEk s\u00e1l dit nog doen\u201d.<\/p>\n<p>\u2022<b>Geregistreer of nie?<\/b>\u00a0Op die vraag of \u201cAngels Anonymous\u201d \u2019n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is, het hy gemeld \u201cdat ons nog besig is met die papierwerk.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>Direkteure?<\/b>\u00a0Daar is ook gevra wie is die direkteure van die organisasie en was die antwoord: \u201cdie ander direkteur is Jan Rossouw en hy is tans in Australi\u00eb.\u201d<\/p>\n<p>\u2022Viljoen het nog talle kere ges\u00ea dat alles wat gebeur het te wyte is aan sy persoonlike probleme, maar dat hy nou alleen is en sy verantwoordelikhede gaan probeer nakom.<br \/>\n\u201cEk weet nie wat om te s\u00ea nie, dis nie lekker nie. Ek het nou \u2019n tydelike werkie en my persoonlike probleme is iets van die verlede. Ek vat volle verantwoordelikheid.<\/p>\n<p>\u2022<b>Bewerings op misdaadwebtuiste:<\/b>\u00a0Oor van die bewerings op die \u201cReport A Crime\u201d webtuiste, het hy in bykans \u2019n uur onderhoud, op alles antwoorde gehad en aangedui dat hy die \u201cslagoffer\u201d was .<\/p>\n<p>\u2022<b>Uit hof gegooi:<\/b>\u00a0Die saak waarvoor hy verhoorafwagtend was vir 11 maande, s\u00ea hy \u201cis uit die hof uit gegooi\u201d.<\/p>\n<p>\u2022<b>Beskermingsbevel:<\/b>\u00a0Hy het erken dat daar \u2019n beskermingsbevel deur sy eksvriendin teen hom geopen is.<\/p>\n<p>\u201cEk h\u00e9t haar geklap, daar is nie \u2019n verskoning daarvoor nie, maar sy het \u2019n drankprobleem gehad en het my begin aanrand. Sy het my geskop en geslaan en ek het haar teruggeklap. Ek het nooit haar naam misbruik nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022<b>Naamskending:<\/b>\u00a0Viljoen het aangedui dat hy karakterskending sake gaan open teen mense wat \u201cstertjies bygelas het. Ek was nie net sleg nie. Ek het baie mense gehelp.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die man wat Bethesda, Huis van Hoop, bedrieg het met R8 000 gedurende Februarie, is \u2019n ou kalant.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":101541,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[20612,20609,3038,20611,10367,20610,10450,20605,20608,20606,20607,10366,7728],"class_list":["post-101540","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-angels-anonymous-bedrieer","tag-angels-anonymous-bedriegaard","tag-bedrieer","tag-bedrieg","tag-betroubare-nuus","tag-die-bedrieglike-pieter-van-angels-anonymous","tag-middelburg-nuus","tag-pieter-de-wet","tag-pieter-van-angels-anonymous","tag-pieter-van-rensburg","tag-pieter-viljoen","tag-plaaslike-nuus","tag-swendelaar"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["angels anonymous bedrieer","angels anonymous bedriegaard","bedrieer","bedrieg","betroubare nuus","die bedrieglike pieter van angels anonymous","middelburg nuus","pieter de wet","pieter van angels anonymous","pieter van rensburg","pieter viljoen","plaaslike nuus","swendelaar"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101540","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=101540"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101540\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/101541"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=101540"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=101540"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=101540"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}