{"id":101534,"date":"2019-09-09T11:52:31","date_gmt":"2019-09-09T09:52:31","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=101534"},"modified":"2019-09-09T11:54:03","modified_gmt":"2019-09-09T09:54:03","slug":"motorverkoper-moes-polisiemanne-duisende-betaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/09\/09\/motorverkoper-moes-polisiemanne-duisende-betaal\/","title":{"rendered":"Motorverkoper moes &#8216;polisiemanne&#8217; duisende betaal"},"content":{"rendered":"<p>\u201cEk moes R52 900 aan die polisiemanne betaal om nie toegesluit te word nie!\u201d het die man, wat uit vrees vir sy lewe anoniem wil bly, vir\u00a0<b>www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0vertel.<\/p>\n<p>\u201cEn dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie! Ander koerante het verlede jaar al daaroor berig en as jy hul stories lees, is dit asof ek dit self geskryf het!\u201d<\/p>\n<p>Hy wou sy voertuig verkoop en het dit op die internet geadverteer.<\/p>\n<p>\u2019n Persoon het hom gebel en ges\u00ea dat hy \u2019n trokdrywer van Namibi\u00eb is en dat hy graag die kar kontant wil koop.<br \/>\nVolgens die \u201ctrokdrywer\u201d kon hy nie die geld oorbetaal nie, maar hy was in Johannesburg waar hy die geld sou oorhandig.<\/p>\n<p>Die man het die trokdrywer in Johannesburg ontmoet. Op hierdie tydstip het die trokdrywer se storie verander. Hy het skielik nie die kontant by hom gehad nie en het gevra dat hulle dit by sy vriend kan gaan haal. Hy het ook sommer by die man in die kar geklim en beduie waarheen hulle moet ry.<\/p>\n<p>In die middedorp van Lenasia het \u2019n persoon uit \u2019n besigheid gekom en by hulle in die kar geklim.<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong>\u00a0<strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/rekordcenturion.co.za\/135013\/centurion-couple-robbed-in-online-car-sale-scam\/\" target=\"_blank\">Centurion couple robbed and held hostage in online car sale scam<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Die \u201ctrokdrywer\u201d het \u2019n sakkie, met wat gelyk het soos diamante, uit sy sak gehaal en vir die ander man, wat by hulle in die kar geklim het, gewys. Die nuwe persoon in die kar het R200 000 uitgehaal en wou die diamante vat.<\/p>\n<p>Die drywer het egter ges\u00ea die diamante se waarde is meer as R1.2 miljoen en dat hy nog geld soek.<\/p>\n<p>Op hierdie oomblik het die Middelburger vir beide mans ges\u00ea om uit sy kar te klim, want hy het besef hy het met misdadigers te doen.<\/p>\n<p>Die een met die kontant het uitgeklim, maar die drywer het by hom gepleit om hom by \u2019n Mall in die omgewing te gaan aflaai. \u201cHy het s\u00f3 aangehou dat ek besluit het om hom af te laai en dan te ry.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong>\u00a0<strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/rekordcenturion.co.za\/132113\/update-scammed-centurion-man-allegedly-threatened\/\" target=\"_blank\">UPDATE: Scammed Centurion man allegedly threatened<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hulle het egter net \u2019n klein entjie gevorder, toe \u2019n polisievoertuig hulle aftrek.<\/p>\n<p>Die groep \u201cpolisiemanne\u201d het hom beskuldig dat hy die diamantsmokkelaar is en \u2019n polisieman het by hom in die voertuig geklim en ges\u00ea hy moet ry, hulle gaan Soweto Polisiestasie toe.<br \/>\nHy is egter heen en weer beduie. \u201cOns moes kort-kort stop om nog iemand op te tel. Dan \u2019n kaptein en dan n\u00f3g \u2019n \u2018polisielid.\u201d Hy onthou dat daar op \u2019n stadium drie polisiemanne by hom was.<\/p>\n<p>Hulle het vir hom ges\u00ea dat al hierdie probleme kan \u201cverdwyn\u201d as hy hulle betaal. Hy het net R2 900 in sy beursie gehad, maar dit was nie vir hulle genoeg nie. Hy is aanges\u00ea om na \u2019n bank te ry, waar hulle hom vergesel het na \u2019n kitsbank en hy n\u00f3g R50 000 moes trek.<\/p>\n<p>Nadat hy di\u00e9 geld, asook die R2 900 in sy beursie aan hulle oorhandig het, het hulle sy selfoon en ander artikels aan hom terugbesorg en ges\u00ea hy kan ry.<\/p>\n<p>\u2022Die polisie ondersoek die saak.<\/p>\n<p>\u2022In die laaste twee jaar is daar verskeie kere in ander koerante en op webtuistes oor soortgelyke voorvalle berig.<\/p>\n<p><strong>Lees meer hieroor by:<\/strong>\u00a0<a href=\"https:\/\/rekordcenturion.co.za\/136741\/centurion-man-also-caught-in-car-sale-scam.\/\" target=\"_blank\"><b>https:\/\/rekordcenturion.co.za\/136741\/centurion-man-also-caught-in-car-sale-scam.<\/b><\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Inwoner van Middelburg is betrek by \u2019n sindikaat waar onder andere diamante, polisiemanne en duisende rande betrokke is.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":85146,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,20595,20596,20597,10450,20598,20594,10366,20600,6491,20599],"class_list":["post-101534","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-car-sale-scams","tag-kar-verkoops-slente","tag-man-afgepers-na-hy-motor-probeer-verkoop","tag-middelburg-nuus","tag-motor-slente","tag-motorverkoper-moes-polisiemanne-duisende-betaal","tag-plaaslike-nuus","tag-polisie-swendelaars","tag-scams","tag-swendelaars"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","car sale scams","kar verkoops slente","man afgepers na hy motor probeer verkoop","middelburg nuus","motor slente","motorverkoper moes polisiemanne duisende betaal","plaaslike nuus","polisie swendelaars","scams","swendelaars"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101534","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=101534"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101534\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/85146"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=101534"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=101534"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=101534"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}