{"id":101443,"date":"2019-09-06T14:00:53","date_gmt":"2019-09-06T12:00:53","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=101443"},"modified":"2019-09-06T17:58:29","modified_gmt":"2019-09-06T15:58:29","slug":"methadone-jy-ruil-een-dwelm-vir-ander","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/09\/06\/methadone-jy-ruil-een-dwelm-vir-ander\/","title":{"rendered":"Methadone: \u2018jy ruil een dwelm vir ander\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Dit is die mening van past. Jannie Jacobs, van die Oorwinnaars Halfweghuis. Hy het reageer nadat gerehabiliteerde dwelmverslaafdes die afgelope tyd gespog het dat hulle \u201cskoon\u201d is met die hulp van \u2019n plaaslike dokter wat hulle van Methadone voorsien.<\/p>\n<p>Past. Jacobs s\u00ea een van die verslaafdes wat by die Oorwinnaars was, het vir hom vertel dat hy erger onttrekkingsimptome gehad het toe hy Methadone gelos het, as toe hy van hero\u00efne af gekom het.<\/p>\n<p>\u201cMethadone is maar net \u2019n sintetiese hero\u00efne en jy raak net so verslaaf daaraan as aan hero\u00efne. As jy dit gebruik het, is jy ook \u2018hoog\u2019. Wat moet jy dan nou weer gebruik om van die Methadone af te kom? Dit is maar net presies dieselfde as om hero\u00efne te gebruik.\u201d<\/p>\n<p>Past. Jacobs het genoem dat dwelmverslaafdes soms Methadone misbruik deur die vloeistof in te spuit.<\/p>\n<p>\u201cAs jy dit dan boonop saam met hero\u00efne gebruik, is dit lewensgevaarlik!\u201d<\/p>\n<p>Oorwinnaars het in die beginjare van Methadone gebruik gemaak .<\/p>\n<p>\u201cAs die persoon, wat dit toegedien het, daar opgedaag het, het dit gelyk soos \u2019n groep kleuterskoolkinders wat \u2019n groot boks Smarties sien. Hulle het met honger o\u00eb die persoon die hele tyd gevolg. Almal wou dit net h\u00ea!\u201d<\/p>\n<p>Een van die verslaafdes wat hulle jare gelede gehelp het met Methadone, het dit in die hande gekry en oordosseer. Die persoon het twee keer opgehou asemhaal en daar moes vir sy lewe geveg word.<br \/>\nHy is baie bekommerd as verslaafdes s\u00ea hulle \u201cgaan haal sommer \u2019n voorskrif by die dokter\u201d en drink dit wanneer hulle lus is vir dwelms.<\/p>\n<p>\u201cMethadone moet beheerd toegepas word. Die dokter of \u2019n geregistreerde suster moet die dosis gee, soos voorgeskryf. Die persoon kan nie sommer self die bottel huistoe vat en daarvan drink soos hy wil nie. Wie gaan aanspreeklik gehou word as hierdie persoon per voorskrif sommer \u2019n bottel gaan haal het en daarop oordosseer?\u201d<\/p>\n<p>Past. Jacobs s\u00ea as jy vir jare skoon is van hero\u00efne en jy gebruik steeds Methadone, \u201cdan het jy \u2019n probleem. Dit is onaanvaarbaar. Dan is jy steeds \u2019n verslaafde, want dan is jy verslaaf aan Methadone.\u201d<\/p>\n<p>Hy het genoem dat sommige verslaafdes ook pille, soos slaappille, misbruik om die newe-effekte van hero\u00efne-onttrekking te onderdruk. \u201cwant jy sukkel om te slaap. Sommige van hulle slaap twee tot drie ure in 24 uur. Methadone maak jou egter lomerig en dit is vreemd as mense, buiten Methadone, ook slaappille drink\u201d.<\/p>\n<p>\u2022 Past. Johan van Aswegen stem saam met past. Jacobs.<\/p>\n<p>Past. Van Aswegen het drie boeke geskryf oor verslawing: \u201cDie Kort en die Lank\u201d \u201cGrense en Taboes\u201d asook \u201cPotholes.\u201d<\/p>\n<p>Hy het ook \u2019n \u201cFasilliteerders Handleiding\u201d geskryf om \u2019n ondersteuningsgroep te fasilliteer met genoeg materiaal beskikbaar om \u2019n ondersteuningsgroep te onderhou vir twee jaar.<br \/>\nVerder het hy \u2019n handleiding geskryf vir emosionele herstel geskryf, getitel: \u201cDraakeiers.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Van Aswegen is die fassiliteerder van die geestelike ondersteuningsgroep, Re-Group Recovery, \u2019n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes in Gauteng.<\/p>\n<p>\u2018n Vriend en kollega van my, Past Robbie Meintjes, het uit sy betrokkenheid by Elim Kliniek (\u2018n rehabilitasiesentrum in Kempton) die behoefte aan \u2018n geestelike ondersteuningsgroep raakgesien en Re-Group Recovery in 2007 begin as \u2018n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes. (Die grondwet van ons land verbied enige publieke instansie om enige spesifieke godsdiens te bevorder.) In 2011 het Robbie besluit om die bediening te verlaat en deur \u2018n profetiese woord van Johan Steyn, aangepor deur Robbie Meintjes en die Heilige Gees, het ek die fassiliteerder geword van Re- Group Recovery.<\/p>\n<p>Ek hou ook die volgende sertifikate: \u201cRecovery and Aftercare\u201d \u201cDynamics of Addiction\u201d en \u201cSubstance abuse Intervention Skills\u201d<\/p>\n<p>Ek het 3 boekies geskryf oor verslawing: \u201cDie Kort en die Lank\u201d \u201cGrense en Taboes\u201d asook \u201cPotholes.\u201d Ek het ook \u2018n Fasilliteerders Handleiding geskryf om \u2018n ondersteuningsgroep te fasilliteer met genoeg materiaal beskikbaar om \u2018n ondersteuningsgroep te onderhou vir 2 jaar.<\/p>\n<p>Met tyd het ek insig gekry in verslawing en simpatie en deernis ontwikkel vir mense vasgevang in verskeie vorms van afhanklikheid asook vrees, angs, en depressie en onder leiding van die Heilige Gees \u2018n stelsel ontwikkel wat op hierdie stadium \u2018n 90% suksessyfer het in teenstelling met die 5% van sekul\u00eare rehabilitasiesentra.<\/p>\n<p>Alles baseer op die wete dat God se Woord die waarheid is as dit s\u00ea in Rom 8:14-17 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, di\u00e9 is kinders van God. 15 Want julle het nie ontvang &#8216;n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.<\/p>\n<p>Hiermee saam het weet ek ook dat Jesus Christus gekom het om stukkendes heel te maak en slawe te bevry.<\/p>\n<p>My ervaring met die hantering van angs, vrees en depressie het gevloei vanuit meer as 1500 pastorale gesprekke wat ek gehad het met mense in my kantoor tydens die laaste 4 jaar in die voltydse bediening vanaf 2014-2018.<\/p>\n<p>Waarom ek op ouderdom van 67 jaar nog passievol is oor Re-Group Recovery en die sukses daarvan (alle eer aan die Lewende God) is bloot net die feit dat daar vir my niks mooier en meer bevredigend is as om te sien hoe ons groot Skepper God gebrokenes heelmaak en bevry nie!!<\/p>\n<p>Solank Jesus Christus leef is daar hoop vir alle verlorenes en solank as wat ons Groot God my \u201cbless\u201d met energie en gesondheid, sal ek hierdie bediening uitleef tot Sy eer!!<\/p>\n<p>My eerlike opinie aangaande Methadone is dat dit as \u2018n kruk gebruik kan word oor die korttermyn om hero\u00efne verslawing te help oorkom.<\/p>\n<p>Soos \u2018n kruk tydens \u2018n begreekte been en gips aan \u2018n gebreekte arm, is dit net tydelik en behoort nie oor die langtermyn gebruik te word nie. Methadone is ook maar net \u2018n opiaat en verslawend oor die langtermyn. Om een verslawing met \u2018n ander te vervang is nie die oplossing nie, bloot net \u201ccrossaddiction.\u201d<\/p>\n<p>Methadone, sold under the brand name Dolophine among others, is an opioid used for opioid maintenance therapy in opioid dependence and for chronic pain management. Detoxification using methadone can be accomplished in less than a month, or it may be done gradually over as long as six months. Wikipedia<\/p>\n<p>Om vry te kom van enige verslawing vereis \u2018n wilsbesluit en die kragwerking van die Heilige Gees spruitend vanuit \u2018n lewe in Christus Jesus!!! Gekoppel aan Joh 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.<\/p>\n<p>Die feit dat Metadone op voorskrif verkrygbaar is, maak dit geensins minder gevaarlik nie aangesien statistieke bewys dat daar 8% meer mense veslaaf is aan voorskrifmedikasie as aan straatdwelms. Die voorskrif maak dit dalk \u201cwettig\u201d maar verminder nie die verslawingsfaktor nie.<\/p>\n<p>Baie pynstillers bevat codeine wat as opiaat hoogs verslawend is. Meeste anti-depressante en kalmeer pilletjies asook slaappille is verslawend. Self die Ritalin en Concerta wat so maklik vir kinders voorgeskryf word, word deur Wikipaedia beskryf as \u201cAddictive Euphorics.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u201cHoekom van een dwelm afkom om net weer op \u2019n ander geplaas te word? Methadone is maar net \u2019n sintetiese hero\u00efne.\u201d<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":101444,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[20541,1091,10010,12898,1732,20543,10333,14013,20542],"class_list":["post-101443","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-dwelm-verslawing-in-middelburg","tag-dwelms","tag-local-news","tag-middelburg-news","tag-oorwinnaars","tag-pastoor-jannie-jacobs","tag-trusted-news","tag-verslawing","tag-verslawing-aan-dwelms"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["dwelm verslawing in middelburg","dwelms","local news","middelburg news","Oorwinnaars","pastoor jannie jacobs","trusted news","Verslawing","verslawing aan dwelms"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101443","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=101443"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/101443\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/101444"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=101443"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=101443"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=101443"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}