{"id":100976,"date":"2019-08-29T17:00:13","date_gmt":"2019-08-29T15:00:13","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=100976"},"modified":"2019-08-30T09:38:48","modified_gmt":"2019-08-30T07:38:48","slug":"deernis-met-mense-vasgevang-verslawing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/08\/29\/deernis-met-mense-vasgevang-verslawing\/","title":{"rendered":"Deernis met mense vasgevang in verslawing"},"content":{"rendered":"<p>Past. Johan van Aswegen het drie boeke geskryf oor verslawing: \u201cDie Kort en die Lank\u201d \u201cGrense en Taboes\u201d asook \u201cPotholes.\u201d<\/p>\n<p>Hy het ook \u2019n \u201cFasiliteerders Handleiding\u201d geskryf om \u2019n ondersteuningsgroep te fasiliteer met genoeg materiaal beskikbaar om \u2019n ondersteuningsgroep te onderhou vir twee jaar.<br \/>\nVerder het hy \u2019n handleiding geskryf vir emosionele herstel getitel: \u201cDraakeiers.\u201d<\/p>\n<p>Past. Van Aswegen is die fasiliteerder van die geestelike ondersteuningsgroep,\u00a0<i>Re-Group Recovery<\/i>, \u2019n ondersteuningsgroep vir herstellende afhanklikes in Gauteng.<br \/>\nSy eerlike opinie aangaande Methadone is dat dit as \u2019n kruk gebruik kan word oor die korttermyn om hero\u00efne verslawing te help oorkom.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89646\/pastoor-se-hy-sal-aanhou-werk-met-verslaafdes-op-straat\/\" target=\"_blank\">Pastoor s\u00ea hy sal aanhou werk met verslaafdes op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u201cSoos \u2019n kruk tydens \u2019n gebreekte been en gips aan \u2019n gebreekte arm, is dit net tydelik en behoort nie oor die langtermyn gebruik te word nie. Methadone is ook maar net \u2019n opiaat en verslawend oor die langtermyn. Om een verslawing met \u2019n ander te vervang is nie die oplossing nie, bloot net \u2019n ander vorm van verslawing.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die feit dat Methadone op voorskrif verkrygbaar is, maak dit geensins minder gevaarlik nie, \u201caangesien statistieke bewys dat daar 8% meer mense verslaaf is aan voorskrifmedikasie as aan straatdwelms. Die voorskrif maak dit dalk \u2018wettig\u2019, maar verminder nie die verslawingsfaktor nie.\u201d<\/p>\n<p>Past. Van Aswegen het ook gemeld dat baie pynstillers kode\u00efn bevat, wat as opiaat hoogs verslawend is.<\/p>\n<p>\u201cMeeste anti-depressante en kalmeerpilletjies asook slaappille is verslawend. Selfs Ritalin en Concerta wat so maklik vir kinders voorgeskryf word, word deur Wikipedia beskryf as \u2018<i>Addictive Euphorics<\/i>.\u201d<\/p>\n<p><strong>Lees ook:<\/strong>\u00a0<strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/89304\/n-dorp-n-dwelmkrisis-verslaafdes-bedel-en-sterf-op-straat\/\" target=\"_blank\">\u2018n Dorp in \u2018n dwelmkrisis \u2013 verslaafdes bedel en sterf op straat<\/a><\/strong><\/p>\n<p>\u2022Past. Van Aswegen het ges\u00ea met sy ervaring het hy insig gekry in verslawing en simpatie en deernis ontwikkel vir mense vasgevang in verskeie vorms van afhanklikheid asook vrees, angs, en depressie.<\/p>\n<p>\u201cOnder leiding van die Heilige Gees is \u2019n stelsel ontwikkel wat op hierdie stadium \u2019n 90% suksessyfer het in teenstelling met die 5% van sekul\u00eare rehabilitasiesentra.\u201d<\/p>\n<p>Past. Van Aswegen s\u00ea om vry te kom van enige verslawing \u201cvereis \u2019n wilsbesluit en die kragwerking van die Heilige Gees, spruitend vanuit \u2019n lewe in Christus Jesus! Dit is gekoppel aan Johannes 15:5.\u201d<\/p>\n<p>Hy is op die ouderdom van 67 jaar nog passievol oor die\u00a0<i>Re-Group Recovery-<\/i>groep.<\/p>\n<p>\u201cDie sukses daarvan (alle eer aan die Lewende God) is bloot net die feit dat daar vir my niks mooier en meer bevredigend is as om te sien hoe ons groot Skepper God gebrokenes heelmaak en bevry nie. Solank Jesus Christus leef, is daar hoop vir alle verlorenes en solank as wat ons Groot God my\u00a0<i>bless<\/i>met energie en gesondheid, sal ek hierdie bediening uitleef tot Sy eer\u201d.<\/p>\n<p>\u2022Lees ook pastoor Jannie Jacobs se mening in hierdie week se uitgawe van die\u00a0<i>Middelburg Observer<\/i>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Kenner wat al jare met verslaafdes werk, s\u00ea dat Methadone oor die langtermyn net so verslawend is as hero\u00efne.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":100977,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,20374,20373,15927,1091,20375,10450,10366,20376,14013],"class_list":["post-100976","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-boeke-oor-verslawing","tag-dwelm-misbruik","tag-dwelm-verslaafdes","tag-dwelms","tag-help-vir-verlaafdes","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-rehabilitasie","tag-verslawing"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","boeke oor verslawing","dwelm misbruik","dwelm verslaafdes","dwelms","help vir verlaafdes","middelburg nuus","plaaslike nuus","rehabilitasie","Verslawing"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100976","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100976"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100976\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/100977"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100976"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100976"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100976"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}