{"id":10057,"date":"2014-05-06T00:00:00","date_gmt":"2014-05-05T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/10057\/elvis-se-optrede-skuif\/"},"modified":"2014-05-06T11:00:29","modified_gmt":"2014-05-06T09:00:29","slug":"elvis-se-optrede-skuif","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/05\/06\/elvis-se-optrede-skuif\/","title":{"rendered":"Elvis se optrede skuif"},"content":{"rendered":"<p>Dit volg net \u2019n week nadat die sanger, Izak Davel, se optrede gekanselleer is omdat net 20 kaartjies verkoop is.<\/p>\n<p>Mnr. Jaco Nortj\u00e9 (van Kavader Nation Events &amp; Marketing) is stomgeslaan omdat hy vir \u2019n tweede keer op kort kennisgewing \u2019n sanger moes laat weet dat Middelburgers nie genoeg kaartjies gekoop het nie!<\/p>\n<p>Mnr. Nortj\u00e9 s\u00ea hy het geen idee wat die rede vir die swak kaartjieverkope kan wees nie. Teen die naweek was hy nog positief dat die optrede sal aangaan, omdat hy geweldig navrae gehad het. Teen Maandagmiddag het die verkope egter nog net op 60 sgetaan en moes hy inderhaas Elvis se agent laat weet dat hy die optrede gaan skuif.<\/p>\n<p>\u201cEk weet nie wat aangaan nie. Dit is \u00f3f die vakansiedae \u00f3f die mense het eenvoudig nie geld nie!\u201d het hy moedeloos ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het gemeld dat hy die geleentheid baie spesiaal wou maak, omdat dit die eerste optrede van Elvis Blue in Middelburg is. Maar helaas, 60 kaartjies sou nie eers die helfte van hul onkostes kon dek nie.<\/p>\n<p>Net soos Izak Davel, het die organiseerders oral geadverteer, hetsy deur middel van plakkate, koerante en op Facebook.<\/p>\n<p>Mense wat s\u00ea dat daar \u201cte veel\u201d sangers die afgelope tyd op die dorp opgetree het, het hy afgemaak met \u201cChris Chameleon en Theuns Jordaan het tog twee aande n\u00e1 mekaar opgetree en albei het goed verkoop!\u201d<\/p>\n<p>Die organisasie \u201cFeed A Child\u201d sou voordeel trek uit die optrede van Davel, wat bekend geword het met onder andere die liedjie \u201cVerlei My\u201d.<\/p>\n<p>Die vraag kan tereg gevra word of die mark \u201cversadig\u201d is, want verskeie sangers het die afgelope drie maande hul mikrofone staan gemaak op die dorp en daar is nog verskeie kunstenaars wat die volgende twee maande op plaaslike bodem te sien sal wees.<\/p>\n<p>Me. Carin du Plessis (van MidHartklop) wat die afgelope tyd verskeie optredes in samewerking met Cycad Rotary aanbied, s\u00ea ook dat hulle \u201cgeen probleme\u201d met kaartjieverkope het nie. DJ Ossewa se optrede het sowat 350 mense na Riverside getrek.<\/p>\n<p>Die kaartjies vlieg ook reeds vir Mathys Roets (5 Junie) by Riverside en die konsert saam met Kurt Darren, Lianie May en Ampie du Preez op 24 Junie.<\/p>\n<p>Bekende sangers wat al jare in die bedryf is, hoef nie bekommerd te wees oor kaartjieverkope nie, al tree hulle op dieselfde aand op.<\/p>\n<p>Radio Kragbron het Steve Hofmeyr op 23 April by Pienaardam gehad en daar word ges\u00ea dat sowat 700 mense na sy optrede gestroom het. Op dieselfde aand het Bok van Blerk in die banketsaal opgetree en meer as 800 mense getrek.<\/p>\n<p>Nog \u2019n bekende wie se kaartjies baie gou vlam gaan vat, is die sanger, Bobbie van Jaarsveld, wat op 26 Junie deur Laerskool Kanonkop na Middelburg gebring gaan word. Die optrede is in die HTS Auditorium.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Andr\u00e9 Vermaak (van AMA Promotions) s\u00ea mense moet onthou dat die meeste bekende sangers \u2019n minimum van R45 000 per optrede vra. Daar is hierdie week verneem dat van die sangers tot R60 000 vir optredes vra!<\/p>\n<p>Op R45 000 moet die organiseerders 450 kaartjies teen R100 \u2019n kaartjie verkoop net om die sanger se kostes te dek. Dit sluit nie ander oorhoofse kostes in nie!<\/p>\n<p>Mnr. Vermaak, wat verskeie sangers soos Steve Hofmeyr, Amor Vittone en bekende Country sangers soos Freddie Nest, verteenwoordig, s\u00ea dat hy in die laaste jaar die minste sangerbesprekings gehad het in nege jaar.<\/p>\n<p>\u201cBekendes soos Steve kry nog vol besprekings, maar hoe minder bekend die sanger is, hoe slegter is die verkope. Nie Izak of die organiseerders moet sleg voel nie. Ek glo die ekonomie het ook \u2019n invloed daarop. Mense moet besluit of hulle R100 sal bestee aan \u2019n sanger wat hulle nie baie goed ken nie, en of hulle eerder melk en brood gaan koop.\u201d<\/p>\n<p>Buiten die ekonomiese druk, is mnr. Vermaak van mening dat daar te veel feeste in Suid-Afrika is. \u201cFeeste maak kleiner konserte seer.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea mense sal eerder byvoorbeeld R300 betaal by \u2019n fees soos Innibos om na 10 sangers of meer te gaan kyk, as om R100 te betaal vir een vertoning.<\/p>\n<p>\u201cEk kry sangers jammer. Almal se CD en kaartjieverkope is minder!\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Elvis Blue se optrede van 30 Mei sal by Riverside gehou word, aangesien die Banketsaal en die HTS Auditorium beide op daardie dag nie beskikbaar is nie.<\/p>\n<p>Kaartjiepryse bly dieselfde, R100 vir die eerste 150 en daarna R150 per kaartjie. Mnr. Nortj\u00e9 doen \u2019n beroep op die gemeenskap om Elvis Blue tydens hierdie optrede te gaan ondersteun.<\/p>\n<p>\u2022 Vir navrae, bel mnr. Nortj\u00e9 by 071 332 6232.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elvis Blue, die sanger wat al twee Sama toekennings gewen het, se optrede vanaand (Dinsdag) in die Banketsaal moes inderhaas na 30 Mei geskuif word, omdat daar weereens te min kaartjies verkoop is!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":10058,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2704,2681],"tags":[22010,21983],"class_list":["post-10057","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment-news","category-lifestyle-news","tag-elvis-blue","tag-middelburg-banketsaal"],"category_labels":{"Category":"Lifestyle","SubCategory":"Entertainment"},"tag_labels":["Elvis Blue","Middelburg Banketsaal"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10057","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=10057"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/10057\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/10058"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=10057"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=10057"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=10057"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}