{"id":100131,"date":"2019-08-12T15:58:04","date_gmt":"2019-08-12T13:58:04","guid":{"rendered":"https:\/\/mobserver.co.za\/?p=100131"},"modified":"2019-08-13T09:50:06","modified_gmt":"2019-08-13T07:50:06","slug":"man-se-daar-nie-toldraaie-gemaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2019\/08\/12\/man-se-daar-nie-toldraaie-gemaak\/","title":{"rendered":"Man s\u00ea daar is ni\u00e9 toldraaie gemaak"},"content":{"rendered":"<p>\u201cJulle was nie daar nie en weet nie wat gebeur het nie! Daar is ni\u00e9 toldraaie gemaak nie!\u201d het hy kwaad geskree (met verskeie kragwoorde tussenin).<br \/>\n<b><\/b><\/p>\n<p><b>Www.mobserver.co.za<\/b>\u00a0het mnr. Jonathan Gumley vanoggend gebel om uit te vind wat gebeur het. Hy het ges\u00ea dat dit nie hy was nie.<br \/>\nOoggetuies het ges\u00ea dat die wit bakkie toldraaie gemaak het, voor dit in die dam beland het.<\/p>\n<p>Pas nadat dit op die webtuiste gebruik is, het mnr. Gumley teruggebel en ges\u00ea dat die foto\u2019s en videomateriaal afgehaal moet word.<\/p>\n<p>Daar is vir hom ges\u00ea dat hy dan die oggend ges\u00ea het dat dit nie hy was nie, waarop hy (weer met talle vloekwoorde geskree het: \u201cdit maak nie saak of dit ek, my ma of my ouma was nie!\u201d).<\/p>\n<p>Mnr. Victor Boshoff, was die eerste om die bakkie Saterdagmiddag te sien.<\/p>\n<p><strong>Lees ook: <a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/100093\/video-swem-bakkie-swem-die-bakkie-wil-nie-swem-nie\/\" target=\"_blank\">Swem bakkie, swem! Die bakkie wil nie swem nie!!!<\/a><\/strong><\/p>\n<p>Hy en sy vrou was vanaf die dam op pad om foto\u2019s by die treinbrug te gaan neem en het by die damuitgang gestaan om links te draai.<\/p>\n<p>\u201cDie bakkie het op \u2019n ho\u00eb spoed by die dam se ingang ingery en byna in \u00f3ns vasgery. Hy het soos \u2019n besetene gery! Ons kon sien dat daar ander jongmense in die voertuig was. Daar is kinders by die dam wat stap en met hul fietse ry. Hy kon een van hulle raakgery het!\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Mark Salzwedel s\u00ea hulle was by die dam toe die wit bakkie met \u2019n \u201cho\u00eb spoed\u201d van die ingang se rigting ingery kom.<\/p>\n<p>\u201cWaar jy links draai om na die visvangkant toe te ry, het hy al die voertuig ge<i>drift<\/i>. Ek het nog vir hom geskree: \u2018ry stadiger, hier is kinders!\u201d<br \/>\nMnr. Salzwedel s\u00ea hy en verskeie ander mense het daarna gesien hoe die bakkie na die area by die inloop jaag en \u2019n toldraai maak.<\/p>\n<p>\u201cDie voertuig het een omwenteling gemaak en dit het gelyk asof hy besig is met \u2019n tweede een, toe hy die voertuig verloor. Daar is nie traksie nie, want dit is turfgrond en die bakkie het in die dam beland.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Salzwedel het op \u2019n stadium gesien hulle sukkel om die bakkie uit te haal en het nadergegaan en aangebied om die bakkie uit te sleep met sy wenas.<br \/>\nEen van die ander helpers het hom egter gevloek en ges\u00ea dat sy voertuig en die wenas nie die bakkie gaan uitkry nie.<\/p>\n<p>Toe dit later donker word en die groep sukkel steeds, was hy een van die persone wat sy voertuig se ligte aangesit het, sodat hulle kon sien wat hulle doen.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Ander nuus:<\/h3>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99834\/onsisdankbaar-dankievirmamma-dankievirpappa-dankiesussie-dankieliefie-dankiegrotekoning-dankiejesus-se-ma-na-sy-en-dogtertjie-7-transitoroof-gewond-word\/\" target=\"_blank\">Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is<\/a><\/strong><\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99777\/lily-mtsweni-se-merkwaardige-pad-na-bo-2\/\" target=\"_blank\"><strong>Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo<\/strong><\/a><\/p>\n<p><strong><a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/99719\/seuns-vloek-bejaarde-padwoede-insident\/\" target=\"_blank\">Seuns vloek bejaarde in padwoede insident<\/a><\/strong><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<h3>Soek jy nuus op \u2019n drafstap?<\/h3>\n<p>Stoor ons bystand nommer\u00a0(072 248 3855) en stuur ons \u2018n Whatsapp boodskap met die woorde \u201cAdd me\u201d om deel te word van ons uitsaailys.<\/p>\n<p>\u201cLike\u201d ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\/\" target=\"_blank\">Facebook<\/a>, of volg ons op\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a>\u00a0en\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.instagram.com\/mobserver\/?hl=en\" target=\"_blank\">Instagram<\/a>.<\/p>\n<p>Volg ons\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">YouTube<\/a>\u00a0kanaal.<\/p>\n<p><a class=\"anchor_post\" href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/newsletter-signup\/\" target=\"_blank\">Kliek op die skakel<\/a>\u00a0om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry<\/p>\n<h3>Het julle vir ons \u2019n storie?<\/h3>\n<p>Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer\u00a0072 248 3855, of stuur \u2018n e-pos aan ons redakteur\u00a0<a class=\"anchor_post\" href=\"mailto:tobie@mobserver.co.za\" target=\"_blank\">tobie@mobserver.co.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die man wie se bakkie Saterdag in die dam beland het, het www.mobserver.co.za gebel en gedreig.<\/p>\n","protected":false},"author":8164,"featured_media":100097,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naud\u00e9","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[10367,19921,19918,19920,19919,10450,10366,19922],"class_list":["post-100131","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-betroubare-nuus","tag-jaag","tag-man-jaag-met-bakkie-in-dam","tag-man-ry-bakkie-in-middelburg-dam-in","tag-man-se-daar-was-nie-toldraaie-nie","tag-middelburg-nuus","tag-plaaslike-nuus","tag-spoed"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["betroubare nuus","jaag","man jaag met bakkie in dam","man ry bakkie in middelburg dam in","man se daar was nie toldraaie nie","middelburg nuus","plaaslike nuus","spoed"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100131","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/8164"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=100131"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/100131\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/100097"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=100131"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=100131"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=100131"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}