{"id":8028,"date":"2013-07-18T10:14:23","date_gmt":"2013-07-18T08:14:23","guid":{"rendered":"http:\/\/germistoncitynews.co.za\/8028\/struwwelpeter-wat-is-n-oupa\/"},"modified":"2013-07-18T10:14:23","modified_gmt":"2013-07-18T08:14:23","slug":"struwwelpeter-wat-is-n-oupa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/opinion-edition\/2013\/07\/18\/struwwelpeter-wat-is-n-oupa\/","title":{"rendered":"Struwwelpeter: wat is &#8216;n oupa?"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Groep aktiviste probeer tans om &#8216;n hofbevel te kry dat Pre. Obama met sy aankoms in SA gearresteer moet word, en wel vir &#8220;crimes against humanity&#8221;.<\/p>\n<p>Dit sal natuurlik glad nie gebeur nie dis omtrent so moontlik as dat Malema &#8216;n Nobelprys vir astrofisika wen.<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Maar kom ons gee nou vir ons verbeelding vrye treuels: s\u00ea nou maar ons arresteer regtig vir Obama. Dit sal nogal &#8216;n ding wees: eerstens sal Amerika dadelik oorlog op ons verklaar.<\/p>\n<p>Ons le\u00ebr het destyds &#8216;n halfdag uitgehou toe ons wou oorlog maak teen Lesotho.<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Teen die Amerikaners sal ons omtrent &#8216;n halfuur uithou todat hulle vliegtuie ons bereik. (Daar l\u00ea reeds die gebruiklike &#8220;back up&#8221;: vliegdekskip in die Indiese Oseaan).<\/p>\n<p>Di\u00e9 oorlog sal binne &#8216;n paar dae oor wees. Die kabinet sal in &#8216;n konsentrasiekamp ingestop word en ons sal onder Amerikaanse administrasie leef. Hoe heerlik!<\/p>\n<p>En dink net aan al die geld wat die VSA hier sal inpomp terwyl ons &#8220;verowerde gebied&#8221;-status het &#8211; Utopia!<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>&#8216;n Oulike briefie wat die hoof van Rooihuiskraal Laerskool in Centurion aan die ouers gestuur het:<\/p>\n<p>Spesiaal vir Vadersdag wat is &#8216;n Oupa?<\/p>\n<p>Kleinseuns in graad 2 se beskrywing van wat &#8216;n oupa is:<\/p>\n<p>Oupas is mans-oumas.<\/p>\n<p>&#8216;n Oupa is iemant nes ek, net biekie slimmer, want hy kan my help met somme wat Pappa nie kan doen nie.<\/p>\n<p>Oupas gaan stap graag met sienkies en gesels net oor visvang en trekkers.<\/p>\n<p>&#8216;n Oupa kan vreeslik lieg oor hoe simpel die lewe was toe hy klein was. Hy s\u00ea hulle het glad nie eens kompjuters gehad nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Oupa werk nie; hy het tyt vir jou, behalwe as hy slaap, oupas slaap graag.<\/p>\n<p>&#8216;n Oupa kan nie meer mooi sien nie, want hy wil altyt weet wat jy doen. Maar dis lekker om vir hom te s\u00ea, omlat hy regtig wil weet.<\/p>\n<p>Oupas het baaaie geld, want hulle koop elke dag die koerant en gooi tien rant in die kerk.<\/p>\n<p>&#8216;n Oupa is iemant wat altyt bly is om jou te sien, daarom hou hy altyt lekkers in sy sak.<\/p>\n<p>Oupas vertel een storie tien maal. Elke keer anders. Dis so goed soos tien stories.<\/p>\n<p>Almal moet probeer om &#8216;n oupa te kry, want hulle is lekkerder as telewiesie.<\/p>\n<p>&#8220;Ons rykdom word deur net een ding bepaal: wat is ons werd as ons al ons geld sou verloor&#8221; &#8211; JH Jowett<\/p>\n<p>Met dank aan Lynne<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>Jan is n Vrystaatse boer. Hy stop by &#8216;n vulstasie in Bloemfontein.: &#8220;Goeie m\u00f4re. Maak vol met unleaded, asseblief.&#8221;<\/p>\n<p>Joggie : &#8220;I only speak English, Sir!&#8221;<\/p>\n<p>Jan: &#8220;Noooo problem&#8230;. Good day to you, Sir. I currently feel a profound desire to replenish the propellant of my motorised vehicle. Therefore, I cordially request you to transfer, from your subterranean reservoir, a sufficient quantity of combustible fluid of the highest octane rating to fill the appropriate receptacle of the said means of perambulation to the brim.&#8221;<\/p>\n<p>Joggie : &#8220;Hau!&#8221;<\/p>\n<p>Jan: &#8220;Do you have a problem, Sir? I thought you said you spoke English?&#8221;<\/p>\n<p>Joggie: &#8220;Eish, English&#8230; that? She is not English!&#8221;<\/p>\n<p>Jan: &#8220;My dear Sir, are you veritably attempting to insinuate that you do not even recognise the language which you allege to be your singular means of communication?&#8221;<\/p>\n<p>Joggie : &#8220;Hau?&#8221;<\/p>\n<p>Jan: &#8220;Let me attempt to elucidate in the most elementary terms your paltry grasp of the English vernacular is frittering away the time at my disposal, or, as I would put it, in a more civilised, intelligible language&#8230; Dit is donners duidelik dat jy boggerol van Engels weet. So, kry jou slapgat in rat en maak hierdie bliksemse kar se tank vol voordat ek hier uitklim en jou &#8216;n klap gee, want jy mors my tyd! Verstaan jy nou?&#8221;<\/p>\n<p>Joggie: &#8220;Eh, Meneer. Vol. Afrikans hy es is beter, Meneer!&#8221;<\/p>\n<p>Dank aan JB (wat toevallig in die VK gebore is)<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>&#8216;n Dogtertjie vra vir haar ma: &#8220;Mamma, kan ek saam met Vlekkie om die blok gaan loop?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Nee,&#8221; s\u00ea die ma. &#8220;Vlekkie is op hitte.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Wat beteken dit?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Vra vir pappa. Hy&#8217;s in die garage.&#8221;<\/p>\n<p>Sy maak so. Haar pa s\u00ea: &#8220;Ons maak &#8216;n plan en dan kan julle tweetjies maar gaan stap.&#8221;<br \/>\nHy vat &#8216;n ou lap, gooi &#8216;n bietjie petrol daaroor en vryf dit oor Vlekkie se agterw\u00eareld.<\/p>\n<p>Nou toe, julle kan maar gaan loop, die ander honde sal nie met haar lol nie.&#8221;<\/p>\n<p>Twintig minute later is die dogtertjie terug.<\/p>\n<p>&#8220;Pappa, die eerste ent het dit goed gegaan, maar toe raak Vlekkie se petrol op. Nou is &#8216;n ander hondjie besig om haar huis toe te stoot.&#8221;<\/p>\n<p>Met dank aan Marina<\/p>\n<div class=\"stream-item stream-item-below-post-content\">\n<div class='tenancy_slot tenancy_slot_1 jannah_ad' style='display: none;' data-query-id='f8e918489f1e0a81ff11312f4d0630c1'><\/div>\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>En wat gebeur as die rooinekke se taal te veel word<\/p>\n","protected":false},"author":52,"featured_media":8029,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[8518,6],"tags":[1194,1193,1195],"class_list":["post-8028","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-opinion-edition","tag-oupa","tag-struwwelpeter","tag-wat-is"],"amp_enabled":true,"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["oupa","struwwelpeter","wat is"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8028","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/users\/52"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=8028"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/8028\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8029"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=8028"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=8028"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=8028"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}