{"id":53912,"date":"2014-02-27T12:30:00","date_gmt":"2014-02-27T10:30:00","guid":{"rendered":"http:\/\/germistoncitynews.co.za\/53912\/die-doppers-trek-alweerofdrie-kerke-werk-saam\/"},"modified":"2014-02-27T12:51:49","modified_gmt":"2014-02-27T10:51:49","slug":"die-doppers-trek-alweerofdrie-kerke-werk-saam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/news-headlines\/2014\/02\/27\/die-doppers-trek-alweerofdrie-kerke-werk-saam\/","title":{"rendered":"Die Doppers trek alweer"},"content":{"rendered":"<p>Op Sondag, 2 Maart, begin &#8216;n nuwe fase in die geskiedenis van &#8216;n kerk wat reeds diep spore in die Oosrand getrap het.<\/p>\n<p>Die lidmate van die Gereformeerde Kerk Germiston (alom bekend as die Doppers) sal dan vir die eerste keer sedert 1933 nie in hulle eie kerkgebou vergader nie.<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Dit is die gevolg van samewerking tussen drie kerke wat vir baie jare langs mekaar bestaan het, sonder dat daar eintlik enige kontak tussen hulle was &#8211; die Gereformeerdes, die Evangelies Lutherse Kerk en Dunamis International Fellowship Church.<\/p>\n<p>Dit het begin toe Dunamis die kerkraad van die Gereformeerde Kerk genader het oor die moontlikheid om die kompleks te huur.<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Vir die Doppers was dit &#8216;n goeie geleentheid, aangesien hulle getalle so min geword het, dat dit moeilik was om die kompleks te onderhou.<\/p>\n<p>Maar dit het ook vir hulle &#8216;n probleem geskep.<\/p>\n<p>Waar sou hulle &#8216;n geskikte plek kry om hulle eredienste te hou?<\/p>\n<p>&#8220;Wat van die Lutherse Kerk net oorkant die straat?&#8221; het iemand gevra.<\/p>\n<p>Dit het gelei tot &#8216;n ooreenkoms waardeur die Gereformeerdes om 8vm op Sondae die Lutherse kerkgebou vir hulle dienste benut, terwyl die Lutherane steeds om 10vm en om 11.15vm hulle dienste hou.<\/p>\n<p>Hierdie verskuiwing is vir baie van die gereformeerde lidmate &#8216;n traumatiese gebeurtenis, veral vir hulle wat al geslagte in hierdie gemeente is.<\/p>\n<p>Immers, die groot wit kerk in Piercylaan, ook bekend as &#8220;die kerk in die veld&#8221;, is sedert 1977 al &#8216;n baken in die omgewing.<\/p>\n<p>Dit is opgerig toe die staat die ou rooi kerk in Joubertstraat uitgekoop het, om die hospitaal te vergroot.<\/p>\n<p>Die rooi kerk was egter nie die gemeente se eerste kerkgebou nie.<\/p>\n<p>Voor 1910 al is &#8216;n sinkdakgebou in Middelstraat opgerig, wat tot 1933 die tuiste van die gemeente was.<\/p>\n<p>In daardie jare het dit maar moeilik gegaan met die gemeente.<\/p>\n<p>Die lang stakings van die myners herinner baie aan vandag se gebeure.<\/p>\n<p>Geld was skaars en op &#8216;n stadium kon die gemeente nie meer alleen die predikant bekostig nie.<\/p>\n<p>Dit het &#8216;n lidmaat onlangs laat opmerk: &#8220;Ons het klein begin en soms swaar tye beleef.<\/p>\n<p>&#8220;Ons kan weer klein begin.<\/p>\n<p>&#8220;As elke lidmaat in geloof hulle deel doen om saam te werk, weet ons dat die Here ons sal se\u00ebn en laat groei, veral as oud-lidmate wat nog in die omgewing woon, weer by ons wil aansluit.<\/p>\n<p>&#8220;Kom kyk wat doen ons.<\/p>\n<p>&#8220;Julle sal verras wees.&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie se\u00ebn van die Here is duidelik wanneer mens kyk na al die gemeentes wat sedert die gemeente se ontstaan in 1905 daarvan afgestig het.<\/p>\n<div class=\"stream-item stream-item-below-post-content\">\n<div class='tenancy_slot tenancy_slot_1 jannah_ad' style='display: none;' data-query-id='1ce4c5bbd165f5ccb4cb0782e9863be5'><\/div>\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie kerke werk saam.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":54199,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jan du Preez, predikant van die Gereformeerde Kerk Germiston","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[1923,2941,979,2734,2942],"class_list":["post-53912","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines","tag-church","tag-gereformeerde-kerk-germiston","tag-germiston","tag-melissa-hart","tag-moving"],"amp_enabled":true,"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"tag_labels":["church","Gereformeerde Kerk Germiston","germiston","melissa hart","moving"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53912","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=53912"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/53912\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media\/54199"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=53912"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=53912"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=53912"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}