{"id":52570,"date":"2014-01-30T11:48:55","date_gmt":"2014-01-30T09:48:55","guid":{"rendered":"http:\/\/germistoncitynews.co.za\/52570\/struwwelpeter-wat-gemaak-baba-nie-die-bors-wil-vat-nie\/"},"modified":"2014-01-30T11:48:55","modified_gmt":"2014-01-30T09:48:55","slug":"struwwelpeter-wat-gemaak-baba-nie-die-bors-wil-vat-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/opinion-edition\/2014\/01\/30\/struwwelpeter-wat-gemaak-baba-nie-die-bors-wil-vat-nie\/","title":{"rendered":"Struwwelpeter: Wat gemaak as baba nie die bors wil vat nie?"},"content":{"rendered":"<div>\n<p>STRUWWELPETER is nou al dik vir ons regering se politiek, korrupsie en onbeholpenheid. Kom ons gesels vanoggend oor iets anders.<\/p>\n<p>Hiermee &#8216;n luimige (ware) staaltjie:<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Mevrou S is in die middel van die tweede w\u00eareldoorlog in Brittanje gebore. Haar pa was &#8216;n Suid-Afrikaanse student wat in die oorlog vasgevang is. Die gesin kom toe terug na SA aan die einde van die oorlog en sy gaan na &#8216;n Engelse meisieskool waar sy bitter min Afrikaans geleer het.<\/p>\n<p>&#8216;n Paar jaar daarna ontmoet ek haar, net nadat ons albei afgestudeer het.<\/p><div class=\"stream-item stream-item-in-post stream-item-inline-post aligncenter\"><\/div>\n<p>Ek was so opgewonde oor di\u00e9 meisiekind dat ek twaalf dae later vir haar gevra het om te trou. Sy het ses maande daaroor gedink en toe s\u00ea sy ja.<\/p>\n<p>Maar nou moet ek ook noem dat ek &#8216;n baie konserwatiewe Broederbond-oom had. Hy het nog nie die Britte vir die Boereoorlog vergewe nie en daar gaan en raak sy nefie wragtig verloof aan &#8216;n volksvreemde!<\/p>\n<p>Ons word genooi vir ete, sodat hy ons onder vier o\u00eb kon neem. Op pad daarnatoe katkiseer ek my meisiekind &#8216;n bietjie en beduie die protokol aan haar.<\/p>\n<p>Ons word hartlik ontvang deur my tante, maar my oom is &#8216;n bietjie styf. Daar word net Afrikaans gepraat en dus sit my meisiekind met &#8216;n mond vol tande. Na koffie bedien is, draai sy na my tante en s\u00ea ewe soet maar in &#8216;n swaar Engelse aksent: &#8220;Baie dankie, tannie. Dit was werklik &#8216;n bakgat-maaltyd.&#8221;<\/p>\n<p>Ek het my oom nog nooit hoor hardloop lag nie, maar daardie dag bars hy spontaan uit van die lag. En toe is alles skielik reg.<\/p>\n<p>Om die waarheid te s\u00ea, daarna het sy bekend gestaan as Struwwelpeter se bakgat vrou!<\/p>\n<p>Ek moet darem noem dat sy vinnig Afrikaans aangeleer het &#8211; tien jaar daarna mog sy amptelik matriek-wetenskap in Afrikaans doseer.<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>Twee onskuldige Ierse nonne word deur hul orde na Amerika gestuur. Hulle loop rond in New York en kom naderhand by &#8216;n &#8220;hot dog stand&#8221; uit. Die een s\u00ea vir die ander: &#8220;Suster Josefina, eet hulle werklik honde in Amerika?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Dit lyk my so,&#8221; kom die antwoord. &#8220;Maar as hulle dit doen, dan sal ons twee maar seker dieselfde moet doen.&#8221;<\/p>\n<p>Hulle koop elkeen &#8216;n &#8220;hot dog&#8221;. Die hot dog-man draai dit mooi toe en oorhandig dit aan hulle. Suster Josefina maak haar hot dog oop en haar o\u00eb rek groot van skok. Sy bloos bloedrooi.<\/p>\n<p>&#8220;Suster Magdelena,&#8221; vra sy. &#8220;Watter deel van die hond het jy gekry?&#8221;<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>En toe was daar die mamma wat op die trein in die Kaapse Vlakte saam met haar baba ry. Sy wil haar baba voed, maar die baba is teensinnig.<\/p>\n<p>&#8220;As djy nie wil drink nie, dan gee ek my tet vir hie&#8217;die oemie langs my!&#8221; dreig sy.<\/p>\n<p>Maar die baba wil steeds nie drink nie. Sy probeer weer, maar ook sonder sukses.<\/p>\n<p>En dis net daar waar die omie langs haar hom wip.<\/p>\n<p>&#8220;Baby, maak op djou mind! Ek is al vier stasies verby my afklimplek en ek kan nie langer waggie!&#8221;<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>Kyk net hoe maklik vertaal &#8216;n moeilike Engelse sin in goeie Afrikaans!<\/p>\n<p>Juffrou vra die klas: &#8220;Wie kan die volgende sin in Afrikaans vertaal:<\/p>\n<p>&#8220;Julius Malema is swimming in the Vaal Dam.&#8221;<\/p>\n<p>Jannie steek sy hand op en antwoord: &#8220;Daar&#8217;s &#8216;n drol in die drinkwater!&#8221;<\/p>\n<p>Sit, jou slim kind !<\/p>\n<p>Dankie Balt<\/p>\n<p>* * *<\/p>\n<p>BBC News&#8230;Suicide Bombers on Strike&#8230;<\/p>\n<p>Suicide bombers in Britain are set to begin a three-day strike on Monday in a dispute over the number of virgins they are entitled to in the after life.<\/p>\n<p>The unrest began last Tuesday when Al Qaeda announced that the number of virgins a suicide bomber would receive after his death would be cut by 25% this February from 72 to 54.<\/p>\n<p>Speaking from his shed, Al Qaeda chief executive, Haisheet Mapants, explained: &#8220;I sympathise with our workers&#8217; concerns but they are simply not accepting the realities of modern-day Jihad in a competitive marketplace. Thanks to Western depravity, there is now a chronic shortage of virgins in the afterlife.<\/p>\n<p>&#8220;I don&#8217;t like cutting benefits but I&#8217;d hate to have to tell 3 000 of my staff that they won&#8217;t be able to blow themselves up.<\/p>\n<p>Dankie Riaan<\/p>\n<\/div>\n<\/p><div class=\"stream-item stream-item-below-post-content\">\n<div class='tenancy_slot tenancy_slot_1 jannah_ad' style='display: none;' data-query-id='94a6fa24495e01cd5be7dbe6e7113af7'><\/div>\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>En hoe Struwwel sy bakgat vrou gekry het<\/p>\n","protected":false},"author":52,"featured_media":8026,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[8518,6],"tags":[1166,1193],"class_list":["post-52570","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-opinion-edition","tag-blog","tag-struwwelpeter"],"amp_enabled":true,"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"tag_labels":["blog","struwwelpeter"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/users\/52"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=52570"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/52570\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media\/8026"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=52570"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=52570"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/germiston-city-news\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=52570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}