Op 14 Februarie, het die NG Kerk Elsburg ’n Valentynshengel-kompetisie by Vogelstruisbultdam, net buite Springs, aangebied.
Dit was ’n reuse sukses.
Daar was die ernstige hengelaars wat graag die pryse wou opraap, en dié wat net wou ontspan en die dag saam met die familie wees.
Die pryse van R2 000 en R1 000 vir die swaarste karp asook die swaarste sak, het aan Riaan Cordier gegaan.
Die R1 000 vir die die swaarste baber het aan Kallie Grobler gegaan.
Daar was ook baie hengelaars wat groot pryse met gelukkige trekkings gewen het.
Kallie Grobler met sy swaarste barber van 2.94kg.
Hennie Geyer (links), die president van Daggafontein Hengelklub, oorhandig die prys vir die grootste karp en die swaarste sak vis aan Riaan Cordier, tydens die NG Kerk Elsburg se Valentynshengel-kompetisie, op 14 Februarie.
Riaan Cordier met sy swaarste karp van 7.88kg.
Bez Bezuidenhout (links), organiseerder van die kompetisie oorhandig die prys vir die swaarste barber aan Kallie Grobler.
NG Kerk Elsburg se Valentynshengel-kompetisie.
NG Kerk Elsburg se Valentynshengel-kompetisie.
NG Kerk Elsburg se Valentynshengel-kompetisie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!