Die o-16 hokkiespan van die Hoërskool Goudrif het hierdie jaar besonder goedgevaar.
Nie net was hulle naaswenners van die liga vir medium skole nie, hulle het ook deurgedring na die Noord-Vaal Kampioenskappe vir mediumskole.
Hulle was onder die top 16 spanne, waaronder Gauteng een van vier provinsies is wat deel uitmaak van die Noord-Vaal.
Die ander provinsies is Mpumulanga, Limpopo en Noordwes.
In die Super 10-reeks het die span onder die top vier geëindig vir mediumskole.
Latasha Venter en Elzanne Muller het ook die distrikspan gehaal.
