Die 0-9 rugbyspan van die Laerskool Oosterkruin het onlangs hulle B1 liga gewen en die skild in die Noordelike Provinsie Rugbyweek gewen. Die 0-9's het ook deelgeneem in die Goue Leeus finaal en was as naaswenners genoem. Die seuns en hulle afrigter Jaco Pieterse (agter, links) is baie opgewonde.
Die o-10 rugbyspan van die Laerskool Oosterkruin het onlangs hul liga gewen. Hulle afrigter is Johan Nagel.
Die Laerskool Oosterkruin se tweede rugbyspan is onlangs as liga-wenners in hulle B1 liga genoem. Hul afrigter, Daymin Jansen van Vuuren (agter, links), het gesê dat die seuns baie goed gespeel het.
Die Laerskool Oosterkruin se o-11 rugbyspan het onlangs agtste plek behaal in die Noordelike Provinsie Rugbyweek. Hulle afrigter, Frits Veldman (agter), is trots op die seuns.
Laerskool Oosterkruin leerling Paul Parsons het onlangs die o-13 Oos-Rand sewe’s-span behaaal.
Die o-9 netbalspan van die Laerskool Oosterkruin het onlangs hulle liga gewen. Voor (van links) is: Hailie Farren, Desiré Gouws, Juanné Swanepoel en Jennifer Grobler. Tweede ry: Celia Jansen van Rensburg, Janica Oberholzer en Marcelle Schindehutte. Derde ry: Winé Visser en Clarissa le Roux. Agter: Zelda Schoeman (afrigter) en Christelle le Roux (afrigter).
Laerskool Oosterkruin leerlinge Dian Coetzee (links), Mikael van der Vyver en Reynird Visagie het onlangs baie goed gedoen met hulle rugby. Dian het in die o-13 Goue Leeus Cravenweek-span gespeel. Hy was ook as kaptein van die span aangewys en het ook die Oos-Rand o-13 sewe’s-span behaal. Mikael en Reynird het alby die o-11 Oos-Rand rugbyspan behaal.
Die 0-9 rugbyspan van die Laerskool Oosterkruin het onlangs hulle B1 liga gewen en die skild in die Noordelike Provinsie Rugbyweek gewen. Die 0-9’s het ook deelgeneem in die Goue Leeus finaal en was as naaswenners genoem. Die seuns en hulle afrigter Jaco Pieterse (agter, links) is baie opgewonde.